Roulette
In 1998 was hulle onskuldige tieners. In 2025 is hulle verdagtes.
Sersant Sollie Mthembu se nuwe ondersoek lei hom terug na ’n onopgeloste dossier van die negentigs. Om die moordenaar te stuit moet Sollie agter die kap van die byl kom: Is dit wraak? Of word mense stilgemaak?
Roulette is die bekroonde skrywer Sidney Gilroy se vyfde roman.