Op die spoor van die Stasiemoordenaar

Die gesoute joernalis en skrywer Julian Jansen volg die spoor van die seuns en die destydse polisieondersoeke om lig te werp op hierdie donker raaisel.

Helene de Kock Inspirasie-omnibus: Kruispad vir Kara & Engel op die drumpel

Helene de Kock se eerste Inspirasie-omnibus met twee verhale. Kruispad vir Kara: Kara het die wêreld aan haar voete. Maar sy staan voor ‘n kruispad: wie gaan haar help om staande te bly? Engel op die drumpel: Marli word heen en weer gesleur tussen dit wat sy nog altyd geglo het en nuwe dinge. Tot sy op ‘n dag ‘n reuse besluit moet neem.

Die vuur huil

In die vroeë 1970’s vlug Jakob Koetaan Kaapstad toe. Dit is nie die eerste keer dat hy met die regering bots nie. Hy was maar ses jaar oud toe die wetstoepasser sy mense soos beeste bymekaar geroep het en gesê het: Ons vat nou Towerwater, julle familieplaas. Toe die land begin brand, moes Jakob homself afvra: Is hy bereid om te baklei vir sy grond?

One Word: The Power of Simplicity in a Complex Business World

The most successful businesses in the world don’t just know what they do. They know why.

Whether you’re a CEO, entrepreneur, or change-maker, One Word challenges you to go beyond mission statements and marketing slogans – to find the authentic essence that inspires people, drives performance, and builds enduring value.

Biltong en Dior: Avonture van ‘n Afrikaanse Fransman

Louis Jansen van Vuuren se kostelike vertellings oor sy lewe in Frankryk word verryk met boeiende brokkies oor die Franse geskiedenis en raad vir hoe om te oorleef in ’n samelewing met ’n haas onleerbare taal en eiesoortige gewoontes. Uiteindelik gee dié Afrikaanse Fransman se lewe in die vreemde hom ’n nuwe waardering vir sy tuisland.

Aan die hemeltrans

’n Klooster, geleë in wat eens die vrugbare mieliedriehoek in die Vrystaat was, bied jaarliks ’n Passiespel aan waarop hulle alle hoop vestig vir oorlewing. Maar JC van Schouwenburg, wat die hoofrol vertolk, het verdwyn. Dapper de Wet, roosteler, gourmand en loodswaaier, word teen sy sin afgevaardig om vas te stel wat aan die gang is.

Liewer as lig

Leah en Schalk het alles wat hul hart begeer. Terwyl Schalk betrokke raak by die kerk en minder tyd saam met haar en die kinders deurbring, waardeer Barend Lea net soos sy is. Maar dan begin dinge uitmekaar val. Leah en Schalk ontdek om God se leiding van dag tot dag te vertrou en dat Hy hulle nie wil straf nie, maar sy liefde aan hulle wil bewys.

Raiders

Five years after their disappearance, the skeletons of wealthy twin brothers are uncovered in a field.
Kassie and Rooi have to investigate the case in top secrecy, or risk being murdered like the three detectives who originally investigated the brothers’ disappearance.
An underworld where ancient objects are smuggled won’t tolerate meddling.

Hortjies dig

‘n Vereensaamde weduwee se verbeelde gesprekke met haar oorlede man bied ‘n roerende blik op die lewe en denkwyse van die veelbesproke Afrikaanse digter, Peter Blum.