Wen die stryd in jou gedagtes: 30 jaar uitgawe

Bekommernis, twyfel, verwarring, depressie en woede is alles aanvalle op die gemoed. In hierdie opgedateerde uitgawe leer Joyce ons hoe om ons gedagtes te fokus op die manier waarop God dink. Sy deel stories uit haar eie lewe, saam met Bybelse waarhede en aanmoediging om jou te help om doelgerig te dink en ‘n vreugdevolle lewe te begin.

Uit die Beek 2026

Uit die Beek is net oor 100 jaar oud in 2026. In hierdie uitgawe begin ons lees by Genesis en lees ook Eksodus, Rut, 1 en 2 Samuel, Ester, Psalms, Spreuke, Prediker en Jesaja. Ook Markus, 1 Korintiërs, Filippense, 1 en 2 Tessalonisense, 1 en 2 Timoteus. Ons neem die seisoene van die kerkjaar ook in ag. Mag jy vanjaar hoor dat jy aan Jesus behoort.

Hallo, Jesus!

Hallo, Jesus! bevat vyf dagstukkies vir elke week en twee dae van lekker gesels. Dit is spesiaal deur ouma en oudonderwyser Marinda Engelbrecht opgestel vir 5 tot 7-jariges. Die dagstukkies versterk kinders se geestelike groei en bou veerkragtigheid in moeilike situasies. Temas sluit in: die skepping, gehoorsaamheid en dankbaarheid.

Super C

Susan Coetzer was ’n swaarmoedige Sannie. Christus het haar egter begeester om geestelike transformasiewerk te doen. Hierdie werk het mooi dinge gebring soos vryheid en vrede. Susan nooi jou om saam met haar op ’n reis te gaan. Mag hierdie reis jou aanspoor om aan te hou stap totdat jy ook ’n energieke en borrelende mens in Christus is.

Cara

Cara is op pad na haar geboorteland. Sy is destyds deur die Du Toits aangeneem en sy en Clarabelle het saam grootgeword. Na haar weggaan het hulle korrespondeer, maar later het die oorlog tussenin gekom. Sy word goed ontvang en almal is begaan oor haar welstand, maar sy bly verward en eensaam. Het sy eindelik haar bestemming bereik? Tyd sal leer.

Knowing Who You Are Because of Who God Is: 100 Days to Unbreakable Faith

Former Miss Universe Demi-Leigh Tebow found confidence by surrendering insecurities to God. In “Knowing Who You Are Because of Who God Is,” she offers a 100-day devotional to help you find identity in God rather than external factors. “True self-worth comes from recognizing who God says you are.”

Op soek na wysheid

Joyce Meyer bespreek sewe beginsels uit Spreuke: wysheid, insig, oordeelkundigheid, kennis, diskresie, onderskeidingsvermoë en die vrees van die Here. As ons dié eienskappe wil besit, moet ons ons verbind tot ’n dieper begrip en toepassing van dié waardes. Hierdie boek jou die beginsels leer en toerus met God se krag om dit daadwerklik uit te leef.