Ontvoer

Ekspolisieman George Ekermans sien hoe ’n meisie in ’n bakkie ingedwing word en hy sit die voertuig agterna. Die ontvoerder ontglip hom egter en al leidraad is ’n vreemde goue hangertjie wat die meisie laat val het.
Sal hy die meisie uit die kloue van ’n bose netwerk kan red? Sy lewe en dié van die twee vroue vir wie hy omgee, is ook op die spel.

Buy Online


Exclusive Books

Loot

Readers Warehouse

Graffiti Books

Is jy orraait, Elizabeth?

Is jy orraait, Elizabeth? is ’n verhaal oor drie vroue wat dekades lank bevriend is en elkeen met hulle eie persoonlike probleme en gesinskwessies worstel. Dit is ’n roman wat diep menslike ervarings en die kompleksiteit van interpersoonlike verhoudings ondersoek.

Buy Online


Exclusive Books

Loot

Die vyf susters

Die vyf susters is die eerste titel in ’n reeks van vyf ligte spanningsverhale wat tussen 1998 en 2003 deur die gewilde skrywer Eleanor Baker onder die skuilnaam Alex Muller geskryf is. Hierdie reeks is net die regte medisyne vir alle leunstoel-kriminoloë wat hou van ’n skerpsinnige whodunnit wat met ’n tikkie romanse en humor gepaardgaan.

Buy Online


Exclusive Books

Graffiti Books

Leeumens

Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het se geraamtes word in ’n veld gevind.
Kassie en Rooi moet die saak in die geheim ondesoek, anders kan hulle die gevaar loop om vermoor te word soos die drie speurders wat by die destydse verdwyningsaak betrokke was.
’n Onderwêreld waar antieke voorwerpe gesmokkel word, duld nie inmenging nie.

Buy Online


Exclusive Books

Loot

Helene de Kock Keur 10

In Plek van die bittermaan besluit die beeldskone Tessa , ’n ongetroude enkelma, om met haar seuntjie stad toe te vlug waar sy “anoniem” sal kan wees. Maar dis nie so maklik nie en sy word voor hartverskeurende keuses gestel.

In Kamer van die stormwind moet die jong Jessica afskeid neem van haar man wat ná ’n rugbybesering al maande in ’n koma is

Buy Online


Loot

The Lucky Ones: Stories

In this debut collection of short stories, acclaimed author Alistair Mackay offers us an intimate glimpse into the lives and experiences of unforgettable characters.  The Lucky Ones champions love, kindness and connection against all odds. It is a dazzling, poignant collection of stories that brims with unforgettable characters and heart.

Buy Online


Exclusive Books

Loot

Die ooggetuie

‘n Pakkende hofdrama wat afspeel in die Boland. Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op Worcester. Wanneer hy die oggend voor ’n groot hofsaak ineenstort, moet Julia dringend sake beredder – ten spyte van die feit dat sy gesweer het sy sit haar voete nooit weer in ’n landdroshof nie.

Buy Online


Exclusive Books

Loot

Die dood van Rachel April

Joernalis en meesterstudent Rachel April se lyk word gevind met ’n steekwond in haar hart. Lesea du Plessis, ’n medestudent, belowe Rachel se dogtertjie dat sy sal uitvind wat gebeur het. Dit blyk Rachel het tydens ’n internskap by die Anglo-Boereoorlogmuseum iets ontdek. Maar wat? Iemand wil keer dat Lesea die waarheid ontbloot. Sy is in gevaar.

Buy Online


Exclusive Books

Loot

Graffiti Books