Harlekyn (2025-uitgawe)

Ná ’n skrikwekkende ervaring by die sirkus, het Werner een reël: Bly weg van narre!
Maar wanneer sy suster vir Billy huis toe bring – ’n antieke harlekynpop – word Werner se ergste nagmerrie waar. Sy suster dring aan dis net ’n onskuldige speelding . . . maar dan begin daar vreemde goed in die huis gebeur.

Kleinkat 1: Kleinkat se strokiesklub

Maak gereed vir ‘n nuwe strokiesboekreeks deur die skepper van Hondman! Kleinkat leer vir ‘n skool paddavissies hoe om hul eie strokiesprente te skep – van stories oor ’n tandeborsel wat ’n prokureur wil word tot ’n kaastoebroodjie-monster. Kinders sal lag, teken, en hul eie strokiesavonture skep lank nadat hulle die laaste bladsy omgeblaai het.

Die jaar toe dit gemmerbier gereën het

Moedverloor word deur ’n verskriklike droogte geteister. Die dorp is verlate – behalwe vir Koot Marais, die apteker, en sy gesin. Maar dan beland Katisja op hulle voorstoep – gewapen met slegs haar rooi sambreel en onmoontlike oplossings vir allerhande onmoontlike probleme. En wat volg is suiwer maltrap-avontuur: ontploffende drankies, singende Agtertrekkers, tweeling-fortuinvertellers, geheimsinnige wakiste, verlore kinders, en ’n skouspelagtige lugontsnapping in ?n sigeuner-karavaan!

Wikus se wetenskaplike dagboek

Wikus besluit om ? dagboek te hou vir een belangrike rede: Sy nuutste wetenskaplike eksperiment het, soos al die ander, verskriklik, verskriklik verkeerd geloop en hy wil uitvind waarom. Die meganiese draak wat hy as troeteldier maak, breek los by die kerkbasaar se pannekoektafel en veroorsaak chaos. Dan maak hy en sy vriendin Violet superhelium en word onverwags deel van ’n lugballonresies. En op sy ouma se tagtigste verjaardagpartytjie beland sy vraatformule in die verkeerde hande . . .