Wen die stryd in jou gedagtes: 30 jaar uitgawe

Bekommernis, twyfel, verwarring, depressie en woede is alles aanvalle op die gemoed. In hierdie opgedateerde uitgawe leer Joyce ons hoe om ons gedagtes te fokus op die manier waarop God dink. Sy deel stories uit haar eie lewe, saam met Bybelse waarhede en aanmoediging om jou te help om doelgerig te dink en ‘n vreugdevolle lewe te begin.

Skorpio

Griessel moet die saak in Idasvallei vat. Die een van die private speurder, vergruis onder die BMW in die motorhuis. Want Cupido ken die slagoffer. Dit was sy boesemvriend. En hy sê dis g’n ongeluk nie. En dan gaan ‘n woonwa op ‘n spogplaas in vlamme op. En die identiteit van die verkoolde liggaam begin die media tot raserny dryf . . .

Buy Online


Exclusive Books

Loot

Wordsworth Books

Readers Warehouse

Graffiti Books

Harlekyn (2025-uitgawe)

Ná ’n skrikwekkende ervaring by die sirkus, het Werner een reël: Bly weg van narre!
Maar wanneer sy suster vir Billy huis toe bring – ’n antieke harlekynpop – word Werner se ergste nagmerrie waar. Sy suster dring aan dis net ’n onskuldige speelding . . . maar dan begin daar vreemde goed in die huis gebeur.