Een vir een

Toe jong rugbyspelers en hul ouers tydens ’n skoolwedstryd handgemeen raak, rapporteer misdaadverslaggewer Ami Prinsloo nie net die nuus nie, maar word sy ook ’n ooggetuie van ’n vuisgeveg wat skrikwekkende gevolge het. Terwyl sy ondersoek instel na die rede vir die bakleiery, ontbloot sy ’n geheim wat haar bloed laat kook.

Enigma

’n Angolese sakeman word met twee koeëlgate in sy bors in ’n hotelkamer in Kaapstad aangetref, en Kassie en Rooi moet die saak ondersoek. Die kokaïen, ongeslypte diamante en edelgesteentes in sy bagasie slaan hulle dronk. Wat doen ’n gesiene persoon, wat ’n minister kom adviseer het, met vermoedelik smokkelware in sy besit?

Buy Online