Sarah plus een
Toe Sarah na haar 55ste martriekreünie genooi word, wonder sy wat haar klasmaats van haar bloedrooi gekleurde hare en onpaar oorbelle sal dink. Sy wonder ook waar sy ’n metgesel gaan kry. Om na haar grootworddorp terug te keer gaan net ou wonde oopkrap. En sy gaan vir Franco, die hartevertrapper, weer in die oë moet kyk!













