Een keer om die son: Boek Twee

Ruan van Wyk en sy drie kinders is steeds besig om ’n gedeelde tragedie te verwerk. Elkeen sal die komende twaalf maande op sý manier aflê. Volgende toetse deurstaan. Tweede kanse aangryp. Want altyd is daar nuwe eise. En nuwe hoop. François Bloemhof se eerste herverbeelding van die gelyknamige TV-reeks was ’n groot sukses. Lees nou verder!

 

Vlam van die sprokkelhout

Maré l’Abillionni word uit Portugal na Madagaskar weggeruk en beland op die slaweskip Meermin voordat sy by Struisbaai uitspoel. Sy is gebreek soos sprokkelhou, maar haar vlam is nog lank nie geblus nie.

258 jaar later arriveer Hetta Uys op Agulhas. Terwyl sy haar ouma se huis oppak, word ’n stokoue dagboek ontdek wat haar toekoms kan bepaal.

Buy Online

 

Rillers: Omnibus 2

Twee van François Bloemhof mees geliefde grilstories in een boek. In Hospitaaltyd word Rudi deur ‘n geheimsinnige brief in ‘n lokval gelei, terwyl hy probeer uitvind waarom drie kinders van sy skool wat deur ‘n motor raakgery is, almal so vreemd optree nadat hulle uit die hospitaal kom. In Donkerwoud hoor die tweelingbroers Tiaan en Rolf grieselrige stemme roep vanuit die woud agter hul eksentrieke Tante Olga se huis . . . .

Buy Online

 

Waar die teerpad ophou

’n Eerlike en aangrypende reisverhaal waarin Jean Cooper en sy vriend De Witt vir drie maande op twee motorfietse deur Afrika ry – van Pretoria tot in Spanje. Wat begin as ’n avontuur vol opgewondenheid, word vinnig ’n veel dieper reis: ’n deurkruising van landskappe, geskiedenis, gevaar, vriendskap, identiteit en innerlike worsteling.

Buy Online

 

Van man tot man

Olive Schreiner het meer as veertig jaar aan From Man to Man gewerk, maar dit is nooit voltooi nie. In 1926 word dit postuum deur haar eggenoot uitgegee. Die Nobelpryswenner JM Coetzee het onlangs dié aangrypende roman versorg en verwerk, en ’n gepaste slothoofstuk bygeskryf. Dit is vertaal deur Antjie Krog.

Buy Online

 

Karoowildsvleis

Die boek hoort in elke kombuis, so kry jou voorskoot en beïndruk jou gaste met wildsgeregte uit die boonste rakke.
Buy Online

Los bietjie plek vir magic

Agtien! Nairobi kan uiteindelik asemhaal. Sy is vry van die skadu wat haar al jare volg: haar tannie se verdwyning. Maar net toe dinge beter begin lyk, kry haar lewe op haar verjaarsdag ’n skok – ’n onverwagte besoeker daag op, en haar kêrel dump haar voor die hele klas. Nairobi word gedwing om die verlede se raaisels in die oë te kyk.

Buy Online

Donkerhart

Donkerhart is ’n onthutsende sielkundige riller wat jou nekhare sal laat rys.
Buy Online