Afrikaner Sondebok?

Die lewe van Hans van Rensburg, die Ossewabrandwag-leier. Hierdie is die eerste biografie van a bekende Afrikaanse figuur van a gewilde en bekroonde skrywer.

Buy Online

Alleen Onder die Maan

Alleen onder die man vertel die verhaal van Jaco, ’n 80-jarige individualis wat krities is oor hierdie totalitêre bestel, en sy seun, Pieter, wat as sy beroep rekenaarspeletjies toets en nie besef hoe die stelsel persoonlike vryheid bedreig nie.

Buy Online

Amper Frans

’n Lewe van fanfare en faux pas

Toe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren hom nooit kon indink dat hy eendag ’n château in die Franse platteland sou besit nie. In Amper Frans vertel hy op skreesnaakse wyse hoe hy alles wat Frans is ontdek en beproef het –  daar is neusoptrekkerige kelners, statige hertoginne, etlike botsings met die berugte Franse burokrasie en natuurlike talle faux pas in sy gebrekkige Frans.

Buy Online

Churchill & Smuts

Die Vriendskap

Die eiesoortige vriendskap tussen Winston Churchill en Jan Smuts is ’n studie in kontraste. Richard Steyn, die skrywer van Jan Smuts: Afrikaner sonder grense, bestudeer dié hegte vriendskap deur twee wêreldoorloë aan die hand van ’n magdom argiefstukke, briewe, telegramme en die omvangryke boeke wat oor albei mans geskryf is.

Ook beskikbaar in Engels as Churchill & Smuts: The Friendship

Buy Online

Die Belydenis

(Plain Truth)

Twee vroue. Een geheim.

Die ontdekking van ’n dooie baba in ’n skuur op ’n Amiese plaas in Amerika dreig om ’n jong vrou se lewe te verwoes.

Buy Online

Die Boek van Twee Weë

(The Book of Two Ways)

In die splitsekonde wat sy met haar eie dood gekonfronteer word, verander alles in Dawn Edelstein se lewe. Sy is op ’n vliegtuig wat skielik gedwing word om ’n noodlanding te doen. Terwyl sy haar op die ergste voorberei, is haar gedagtes egter nie by haar eggenoot en dogter nie, maar by Wyatt Armstrong – ’n man wat sy 15 jaar gelede in Egipte agtergelaat het. 

Buy Online

Die Brug

Die Brug vertel, in die stemme van ’n klein groepie van hierdie dienspligtiges, wat hulle daar op die slagveld aangetref het en van die SAW se hardkoppige aandrang dat hulle herhaaldelik na dieselfde doodsakker terugkeer.

Buy Online

Die Groot Afrikaanse Blokraaiboek

Verkies jy blokraaie waar die leidrade binne of buite die raaisel staan, koderaaisels of sudoku? Die Groot Afrikaanse Blokraaiboek van Gerda Engelbrecht bevat dit alles!

Buy Online

Die SAW en Cuito Cuanavale

Die SAW en Cuito Cuanavale deur Leopold Scholts is ‘n kritiese ontleding wys hoe maklik propaganda en politiek in die pad van feite kan staan.

Buy Online