Duistermaan

Dennis verhuis saam met sy ouers na ‘n afgeleë padstal in die Drakensberge. Die eienaar hou ‘n unieke klompie diere op die plaas aan – maar die vreemdste van almal is ‘n grys wolf genaamd Bruno. Wanneer die buurman se alpakkas dood gevind word, is daar gerugte van ‘n “Wolfmens”. En dan ontdek hy ‘n ou selfoon in sy kamer met ‘n ysige boodskap. Hy moet die waarheid ontrafel voordat wat ook al in die donker skuil nog ‘n slagoffer eis . . .

Stadsjapie Dennis verhuis saam met sy ouers na ‘n afgeleë padstal in die Drakensberge. Tannie Freek, die eienaar, is ‘n eksentrieke vrou wat ook ‘n unieke klompie diere op die plaas aanhou – soos ‘n vlakvark genaamd Barbie en twee volstruise. Maar die vreemdste van almal is ‘n grys wolf genaamd Bruno wat glad nie in Suid-Afrika behoort te wees nie. Wanneer die knorrige buurman se alpakkas dood gevind word, word Bruno blameer en begin mense weer fluister oor die legende van ‘n “Wolfmens” in die berge. Snags is daar ‘n geheimsinnige gehuil wat Dennis wakker hou . . . En dan ontdek hy ‘n ou selfoon in sy kamer met ‘n ysige boodskap: As jy hierdie sms kry, wil ek jou waarsku. Dinge by die padstal is nie soos dit lyk nie. Hy moet die waarheid ontrafel voordat wat ook al in die donker skuil nog ‘n slagoffer eis . . .

‘n Grillerige avontuur perfek vir dapper lesers wat nie bang is vir die donker nie!

ISBN

9780798185332

Publication date

August

Imprint

Human & Rousseau

Language

Afrikaans

Format

Softcover (198 mm x 130 mm)

Pages

144

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Duistermaan”

Your email address will not be published. Required fields are marked *