Mei en alles daarna

Op die dorpie waar Juna Ferreira haar ná haar egskeiding bevind, herken sy ’n unieke litteken op iemand se wang. Dit roep haar grootwordjare op die Vrystaatse goudvelde op, wat sy as sorgvry en gelukkig onthou. Maar was dit regtig so?

Buy Online

My eerste 100 woorde

Hierdie pragtige prente-woordeboek bevat honderd eerste woorde om uit te ken, hardop te sê en te lees. Dit bied ’n rykdom bekende dinge uit ’n Afrikaanse kind se leefwêreld – ’n uitstappie na die winkels, ’n braai, ’n verjaarsdagpartytjie, die plaas, slaaptyd, en nog vele meer.

Buy Online

My skaduwee loop los

My skaduwee loop los is ’n meesleurende, veelvlakkige verhaal oor die soeke na wat werklik die waardevolste lewe is en die antwoord op die tergende vraag: Wat as?
Buy Online

Negentien Minute

(Nineteen Minutes)

“Die leser word geprikkel en met vele vrae gelaat . . . Hoe goed ken ’n mens werklik jou gesinslede of enigiemand anders? Hoe vernietigend is groepsdruk, hoe intimiderend die behoefte aan tuishoort? Uiters aktueel, nie net in Amerika nie.” – Deborah Steinmair, joernalis en skrywer

Buy Online

Onkant (Audiobook)

Voorheen ongepubliseerde stories oor wat op Springboktoere en van die veld af gebeur. Oud-Springbokke verklap wat dit beteken om ’n Springbok te wees. Propvol humoristiese anekdotes wat ’n blik bied op wat agter die skerms in Springbokrugby gebeur.

Buy Online

Onkant!

Voorheen ongepubliseerde stories oor wat op Springboktoere en van die veld af gebeur. Oud-Springbokke verklap wat dit beteken om ’n Springbok te wees. Propvol humoristiese anekdotes wat ’n blik bied op wat agter die skerms in Springbokrugby gebeur.

Buy Online

Ons soek na die perfekte drukkie

Vier hasies soek na die perfekte drukkie in hierdie flappie-avontuur. Daar is allerhande verrassings om te ontdek, van stekerige krimpvarkie-drukkies tot wollerige lammetjie-drukkies.

Daar is al meer as 3 miljoen boeke wêreldwyd oor dié hasie-maats verkoop! Dis ook die eerste boek in die internasionale topverkoperreeks om in Afrikaans gepubliseer te word.

Buy Online

Oorkant Jou

‘n Verhaal Uit Die Binnekamer

Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op ʼn reis wat eintlik ons almal sʼn is: Die pad van grootword en eienaarskap neem.

Buy Online

Rillers: Omnibus 1

Twee van François Bloemhof mees geliefde grilstories in een boek. In Die speletjie laai Wouter ‘n dodelike rekenaarspeletjie af . . . Noudat die speletjie sy naam het, en mense begin sterf, is daar net een uitweg: speel, of word die volgende slagoffer. In Die vrou met die pers oog moet Chris en Martie in hul nuwe skool aanpas. Maar hul nuwe maats is vreemd en die biblioteekjuffrou het ’n donker geheim . . .

Buy Online