Rillers: Omnibus 1

Twee van François Bloemhof mees geliefde grilstories in een boek. In Die speletjie laai Wouter ‘n dodelike rekenaarspeletjie af . . . Noudat die speletjie sy naam het, en mense begin sterf, is daar net een uitweg: speel, of word die volgende slagoffer. In Die vrou met die pers oog moet Chris en Martie in hul nuwe skool aanpas. Maar hul nuwe maats is vreemd en die biblioteekjuffrou het ’n donker geheim . . .

Buy Online

Rillers: Omnibus 2

Twee van François Bloemhof mees geliefde grilstories in een boek. In Hospitaaltyd word Rudi deur ‘n geheimsinnige brief in ‘n lokval gelei, terwyl hy probeer uitvind waarom drie kinders van sy skool wat deur ‘n motor raakgery is, almal so vreemd optree nadat hulle uit die hospitaal kom. In Donkerwoud hoor die tweelingbroers Tiaan en Rolf grieselrige stemme roep vanuit die woud agter hul eksentrieke Tante Olga se huis . . . .

Buy Online

 

Robey Leibbrandt

In die vroeë 1940’s is die Suid-Afrikaanse publiek aangegryp deur die uitdagende optrede van die Olimpiese bokser en swaargewigkampioen Robey Leibbrandt. Hy was dodelik gekant teen Suid-Afrika se deelname aan die oorlog. Sy ekstremisme, opvlieëndheid en onverdraagsaamheid was tipies van ’n politieke fanatikus. Dié biografie werp nuwe lig op hierdie enigmatiese historiese figuur en wat sy fanatisme aangevuur het.

Buy Online

Soetroos van Saron

Delicia Basson verlaat Saron om haar studies in Stellenbosch te begin. Sy word aanvanklik betower deur haar nuwe lewe. Tog lê daar iets sinisters onder die oppervlakte van hierdie welgestelde familie. Soos sy dieper grawe, ontdek Delicia ’n patroon van uitbuiting wat ander slagoffers betrek.
Buy Online

Steierwerk

Soos die titel suggereer, dien bogenoemde impulse as stellasies waarmee Myburg sy verse bou. Hierdie meta-poëtiese gedigte ontgin egter ook ’n ander betekenis van die bundeltitel, naamlik dié van wankeling. Steierwerk is ’n aangrypende verkenning van verval: van eie lyf, kuns en land.

Buy Online

Terreur en Bevryding

Terreur en Bevryding is ‘n historiese analise wat ’n blik bied op die ANC vandag van ‘n gerekende en gewilde politieke kommentator wat steeds vir
Afrikaanse koerante skryf.

Buy Online

Van man tot man

Olive Schreiner het meer as veertig jaar aan From Man to Man gewerk, maar dit is nooit voltooi nie. In 1926 word dit postuum deur haar eggenoot uitgegee. Die Nobelpryswenner JM Coetzee het onlangs dié aangrypende roman versorg en verwerk, en ’n gepaste slothoofstuk bygeskryf. Dit is vertaal deur Antjie Krog.

Buy Online

 

Vlam van die sprokkelhout

Maré l’Abillionni word uit Portugal na Madagaskar weggeruk en beland op die slaweskip Meermin voordat sy by Struisbaai uitspoel. Sy is gebreek soos sprokkelhou, maar haar vlam is nog lank nie geblus nie.

258 jaar later arriveer Hetta Uys op Agulhas. Terwyl sy haar ouma se huis oppak, word ’n stokoue dagboek ontdek wat haar toekoms kan bepaal.

Buy Online