My eerste 100 woorde

Hierdie pragtige prente-woordeboek bevat honderd eerste woorde om uit te ken, hardop te sê en te lees. Dit bied ’n rykdom bekende dinge uit ’n Afrikaanse kind se leefwêreld – ’n uitstappie na die winkels, ’n braai, ’n verjaarsdagpartytjie, die plaas, slaaptyd, en nog vele meer.

Coming Soon

Hierdie pragtige prente-woordeboek bevat honderd eerste woorde om uit te ken, hardop te sê en te lees. Vir kleintjies wat net begin praat, is dit ’n opwindende kyk- en geselsboek; vir kinders wat al begin lees, is dit propvol interessante woorde en prente; en sodra hulle begin skryf, word dit ’n stimulerende spelboek. Dit bied ‘n rykdom bekende dinge so reg uit die Afrikaanse kind se eie leefwêreld – ’n uitstappie na die winkels, ’n braai, ’n verjaarsdagpartytjie, die plaas, slaaptyd, en nog vele meer. Dié heerlike en vermaaklike boek bevorder woordeskat en spraakontwikkeling, identifiseer beelde en woorde in die moedertaal, ontwikkel vroeë en visuele geletterdheid, stimuleer kreatiwiteit en bied ’n eerste bekendstelling aan storievertel. En dan – vir nóg meer pret – is daar Leeutjie, ’n skattige speelding wat in elke toneel wegkruip en wag om gesoek te word!

Publication Date

May 2026

ISBN

9780798185301

Extent

32pp

Format

Hardcover (295mm X 220mm)

Language

Afrikaans

Publisher

Human & Rousseau

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “My eerste 100 woorde”

Your email address will not be published. Required fields are marked *