“Die leser word geprikkel en met vele vrae gelaat . . . Hoe goed ken ’n mens werklik jou gesinslede of enigiemand anders? Hoe vernietigend is groepsdruk, hoe intimiderend die behoefte aan tuishoort? Uiters aktueel, nie net in Amerika nie.” – Deborah Steinmair, joernalis en skrywer
Nadat hy jare lank wreed verbaal en fisiek deur klasmaats geboelie is, knak die 17-jarige Peter Houghton een oggend. Binne slegs neëntien minute sterf tien inwoners van die dorp Sterling in Amerika.
Die geskokte gemeenskap is vasberade dat geregtigheid moet geskied. Soos die hofsaak ontvou en Peter getuienis lewer, kom dit egter aan die lig dat die inwoners van Sterling ’n rol daarin gespeel het om ’n innemende, liefdevolle seun in ’n massamoordenaar te laat verander.
In ’n era waarin boeliegedrag toenemend ’n probleem is, hou hierdie meesleurende boek talle insigte in vir ouers, onderwysers en tieners.
Reviews
There are no reviews yet.