Ruben Namibië en Cindy: Manewales van Ruben Lambrechts en sy diere

Ruben Lambrechts en sy gesin is oor die wêreld heen bekend vir die wilde diere wat dolgelukkig op die plaas by hulle woon. Die diere is nie troeteldiere nie en bly nie in hokke nie. Ontmoet meerkatte Minki en Jerry, Cindy die bobbejaan, die vlakvarke en vele meer in hierdie versameling kinderstories. Dis volkleur-dieremanewales op elke bladsy!

Life is ‘n biets

Leonardo word groot in ’n arm, maar liefdevolle gesin. Wanneer sy pa en kleinboetie in ’n ongeluk sterf, verander alles. Leonardo loop uiteindelik weg en beland op straat. Rodger, ’n ou Engelsman, word vir hom soos ’n vaderfiguur. Wanneer Rodger siek word en Leonardo hom in die hospitaal besoek, ontdek hy iets onverwags.

Duistermaan

Dennis verhuis saam met sy ouers na ‘n afgeleë padstal in die Drakensberge. Die eienaar hou ‘n unieke klompie diere op die plaas aan – maar die vreemdste van almal is ‘n grys wolf genaamd Bruno. Wanneer die buurman se alpakkas dood gevind word, is daar gerugte van ‘n “Wolfmens”. En dan ontdek hy ‘n ou selfoon in sy kamer met ‘n ysige boodskap. Hy moet die waarheid ontrafel voordat wat ook al in die donker skuil nog ‘n slagoffer eis . . .

Harlekyn (2025-uitgawe)

Ná ’n skrikwekkende ervaring by die sirkus, het Werner een reël: Bly weg van narre!
Maar wanneer sy suster vir Billy huis toe bring – ’n antieke harlekynpop – word Werner se ergste nagmerrie waar. Sy suster dring aan dis net ’n onskuldige speelding . . . maar dan begin daar vreemde goed in die huis gebeur.