Twee halwes maak ‘n hele

Ervaar ‘n Griekse eiland tussen die bladsye van ‘n boek! Lira word vir drie maande na ’n Griekse eiland gepos om by haar halfsuster te gaan bly wat sy nog nooit tevore ontmoet het nie. Haar ma wil hê sy moet so ver as moontlik wegkom van wat in Kaapstad gebeur het. Bloed is nie altyd dikker as water nie, of is dit?

 

Lira word na ‘n Griekse eiland gestuur om by haar ouer halfsuster Cass te gaan bly nadat ‘n skandaal haar gesinslewe uitmekaar ruk. Cass is jare gelede, toe Lira nog baie klein was, van hulle ma, Eugenie, vervreem, en na allerhande omswerwinge in Europa het sy haar op die Griekse eiland Lesbos gevestig, waar haar pa, Eugenie se eksman Nikos, ook woon. Op die eiland leer Cass en Lira mekaar stelselmatig beter ken, en die verskrikte Lira ontdooi ‘n bietjie in die Griekse son. Lira het kinderpornografie op haar pa se skootrekenaar ontdek, haar ma daarvan vertel en nou word haar pa krimineel vervolg. Mettertyd vind die leser uit dat die ontmaskering van Lira en Cass se pa as pedofiel ook oorvleuel met die skeur tussen Eugenie en Cass. Op die eiland ontmoet Lira vir Erik, ‘n Nederlandse kelner by een van die plaaslike restaurante, en deur die loop van die storie ontwikkel daar ‘n vakansie-romanse tussen Lira en Erik.

Eugenie besluit om vir Lira en Cass op die eiland te kom kuier voordat Lira moet terugkeer Kaapstad toe, en die tyd saam gee vir Eugenie en Cass kans om hulle verhouding te begin herbou. Die tyd op die eiland verander almal: Lira kruip uit haar dop en leer om in die oomblik te leef, Cass begin moontlikhede sien om haar ma te vergewe, Eugenie leer ontspan en om haar skanse laat sak. Eugenie, Cass en Lira kan vir die eerste maal in jare almal Cass se verjaarsdag saam vier en die vrouens maak planne om Kersfees saam te spandeer in Kaapstad.

 

Language

Afrikaans

Publisher

Tafelberg

Format

Softcover (198mm x 130mm)

Publication Date

September 2026

ISBN

9780624097112

Extent

256pp

E-ISBN

9780624097129

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Twee halwes maak ‘n hele”

Your email address will not be published. Required fields are marked *