Wie sal JY bel as jou grootste vrese bewaarheid word?
Henri dink dit spook in Skilliepark. Ligte flikker, goed verdwyn, en vreemde geluide hou hom snags wakker. Maar wanneer sy eienaardige buurman Oom Charl en die snipperige Amelia hom die waarheid vertel, ontdek Henri iets veel ergers as spoke . . . Dit is Vrese – werklike vrese wat uit mense se gedagtes ontsnap en moles maak in die regte wêreld. Boonop is Henri blykbaar een van die min mense wat Vrese kan sien – en kan help om hulle te vang. Maar om ‘n Vreesvanger te word is nie so maklik nie. Is hy dapper genoeg? Met sy ma wat veg om haar lewe in die hospitaal en chaos wat deur sy buurt versprei, moet Henri sy grootste vyand in die gesig staar . . . homself.

Reviews
There are no reviews yet.