Los bietjie plek vir magic

Agtien! Nairobi kan uiteindelik asemhaal. Sy is vry van die skadu wat haar al jare volg: haar tannie se verdwyning. Maar net toe dinge beter begin lyk, kry haar lewe op haar verjaarsdag ’n skok – ’n onverwagte besoeker daag op, en haar kêrel dump haar voor die hele klas. Nairobi word gedwing om die verlede se raaisels in die oë te kyk.

Nairobi is haar skool se hoofmeisie en haar lewe is agtermekaar – of so lyk dit vir almal wat haar ken. Sy’t doenlysies en sit nooit ’n voet verkeerd nie. Maar dis juis haar obsessie met beheer wat maak dat haar kêrel haar afsê op haar agtiende verjaardag, voor almal by die skool. Haar ma gee vir haar haar oorlede tannie se hangertjie as geskenk. Nadine, haar ma se suster, het in haar agtiende lewensjaar spoorloos verdwyn. En hierdie verlies hang soos ’n donker skadu oor Nairobi se ma en ouma – eintlik hulle hele gesin.

Wanneer Nairobi die hangertjie aansit, verskyn haar tannie in haar kamer. Sy raak gaandeweg ’n gerusstellende aanwesigheid vir Nairobi, totdat Nairobi besef dat sy kan help antwoorde verskaf oor wat in haar tannie se laaste ure gebeur het. As sy die raaisel kan ontrafel, sal sy dalk haar gesin kan heelmaak, en haarself bevry van die beheer wat haar ouers oor haar uitoefen en wat sy ook aangeleer het.

Language

Afrikaans

Publisher

Tafelberg

Format

Softcover (198mm x 130mm)

Publication Date

July 2026

ISBN

9780624096047

Extent

240pp

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Los bietjie plek vir magic”

Your email address will not be published. Required fields are marked *