Een vir een

Toe jong rugbyspelers en hul ouers tydens ’n skoolwedstryd handgemeen raak, rapporteer misdaadverslaggewer Ami Prinsloo nie net die nuus nie, maar word sy ook ’n ooggetuie van ’n vuisgeveg wat skrikwekkende gevolge het. Terwyl sy ondersoek instel na die rede vir die bakleiery, ontbloot sy ’n geheim wat haar bloed laat kook.

’n Hittegolf verswelg die Kaap en gemoedere loop hoog.

Misdaadverslaggewer Ami Prinsloo is na die Kaapstadse nuuskantoor verban nadat sy kwansuis drooggemaak het in Gauteng. Hier moet sy haarself van voor af bewys – veral aan die onverbiddelike redakteur, Greta Fischer.   Wanneer jong rugbyspelers en hul ouers tydens ’n skoolwedstryd handgemeen raak, rapporteer Ami nie net die nuus nie, maar word sy ook ’n ooggetuie toe ’n vuisgeveg skrikwekkende gevolge het.

’n Veertienjarige seun verloor sy pa.

Terwyl sy ondersoek instel na die rede vir die bakleiery, ontbloot sy ’n geheim wat haar bloed laat kook. Sy kan nie onbetrokke bly nie, al jaag dit sersant Lukas van Onselen die harnas in en al waarsku Fischer haar om nie haar eie kop te volg nie. Soos die gevolge van hierdie één insident uitkring, besef Ami net weer: Geen misdaad bestaan ooit in isolasie nie.

En dan begin die domino’s een vir een val . . .

Language

Afrikaans

Publisher

Tafelberg

Format

Softcover (234 mm x 152 mm)

Publication Date

November 2026

ISBN

9780624096429

E-ISBN

9780624096436

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Een vir een”

Your email address will not be published. Required fields are marked *