Hotel Bergsig

In die berghange bo die stil dorpie Overberg ontstaan daar onverwags ’n nuwe drama wanneer die skuur by die mooi hotel deur ’n brand verwoes word en die eienares, wakend by haar dragtige hond, sterf. Inspekteur Adriaan Kruger moet die vrae en teenstrydighede ontrafel terwyl hy en sy vrou, Karien, hulle voete vind as ouers van ’n jong tweeling.

 

Ná die tweeling se geboorte kry inspekteur Adriaan Kruger en Karien minder slaap en rus as gewoonlik. Hy word egter nie ’n blaaskans gegun nie, want in die stil dorpie Overberg ontstaan daar onverwags ’n nuwe drama. Een van die buitegeboue van die mooi hotel teen die hange van die berg word deur ’n brand verwoes en die eienaar se vrou, wat in die skuur by haar dragtige hond gewaak het, sterf . . .

Wat na ’n roetine-ondersoek gelyk het, lewer skielik meer vrae en teenstrydighede op as wat Adriaan verwag het. Hoe kon die hond betyds uit die skuur vlug maar nie die vrou nie? Hoekom het die ontvangsdame, Sunette, nie van die oorledene gehou nie en waarom is mevrou Grusser, een van die hotelgaste, so beskermend teenoor die hoteleienaar?

Dit is ook nie duidelik wat die verhouding is tussen Sunette se vriend, Douglas, en die twee vreemde meisies saam met wie hy bly nie. Dan is daar Pol, wat lyk asof sy almal in Overberg ken, maar wat tergend stom is wanneer dit haar pas.

Hotel Bergsig is die laaste titel in ’n reeks van vyf ligte spanningsverhale wat tussen 1998 en 2003 deur die gewilde skrywer Eleanor Baker onder die skuilnaam Alex Muller geskryf is.

Language

Afrikaans

Publisher

Human & Rousseau

Format

Softcover (198 mm x 130 mm)

Publication Date

November 2026

ISBN

9780798185783

E-ISBN

9780798185790

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Hotel Bergsig”

Your email address will not be published. Required fields are marked *