Aan die hemeltrans

’n Klooster, geleë in wat eens die vrugbare mieliedriehoek in die Vrystaat was, bied jaarliks ’n Passiespel aan waarop hulle alle hoop vestig vir oorlewing. Maar JC van Schouwenburg, wat die hoofrol vertolk, het verdwyn. Dapper de Wet, roosteler, gourmand en loodswaaier, word teen sy sin afgevaardig om vas te stel wat aan die gang is.

Bloed van ‘n vlinder

Wanneer Suster Libby Lucas by Noordeberg Hospitaal begin werk, hoop sy dit sal ’n nuwe begin wees, dat sy al haar geheime in die verlede sal kan los. Maar dan word ’n verpleegsters vermoor. Skielik voel dit asof die onheil Libby agtervolg. En asof haar verstand met haar begin parte speel.

Buy Online


Loot

Graffiti Books

Darlings of Durban

Darlings of Durban is a novel exploring the vibrant culture, relationships, and social dynamics of Durban’s diverse community.

Die dood van Rachel April

Joernalis en meesterstudent Rachel April se lyk word gevind met ’n steekwond in haar hart. Lesea du Plessis, ’n medestudent, belowe Rachel se dogtertjie dat sy sal uitvind wat gebeur het. Dit blyk Rachel het tydens ’n internskap by die Anglo-Boereoorlogmuseum iets ontdek. Maar wat? Iemand wil keer dat Lesea die waarheid ontbloot. Sy is in gevaar.

Buy Online


Exclusive Books

Loot

Graffiti Books

Die man wattie kinnes vang

Die man wattie kinnes vang is an Afrikaans novel about a man with an unusual talent for catching chin hair, blending humor with deeper social commentary.

Buy Online

Amazon.co.za

Die Onsigbare

Die Onsigbare is an Afrikaans novel that explores themes of visibility, identity, and social dynamics in contemporary South Africa.

Buy Online

Amazon.co.za

Die ooggetuie

‘n Pakkende hofdrama wat afspeel in die Boland. Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op Worcester. Wanneer hy die oggend voor ’n groot hofsaak ineenstort, moet Julia dringend sake beredder – ten spyte van die feit dat sy gesweer het sy sit haar voete nooit weer in ’n landdroshof nie.

Buy Online


Exclusive Books

Loot

Die vuur huil

In die vroeë 1970’s vlug Jakob Koetaan Kaapstad toe. Dit is nie die eerste keer dat hy met die regering bots nie. Hy was maar ses jaar oud toe die wetstoepasser sy mense soos beeste bymekaar geroep het en gesê het: Ons vat nou Towerwater, julle familieplaas. Toe die land begin brand, moes Jakob homself afvra: Is hy bereid om te baklei vir sy grond?

Die vyf susters

Die vyf susters is die eerste titel in ’n reeks van vyf ligte spanningsverhale wat tussen 1998 en 2003 deur die gewilde skrywer Eleanor Baker onder die skuilnaam Alex Muller geskryf is. Hierdie reeks is net die regte medisyne vir alle leunstoel-kriminoloë wat hou van ’n skerpsinnige whodunnit wat met ’n tikkie romanse en humor gepaardgaan.

Buy Online


Exclusive Books

Graffiti Books