Moerbeibos

Italiaanse sywurmboere word na Suid-Afrika gebring om ’n sybedryf te kom vestig in Gouna se boswêreld, waar moerbeibome verseg om te groei. Die strawwe boswinter teister die verwarde immigrante, wie al meer verbitter raak teen die goewerment. Silas Miggel, ’n bosmens met ’n onregeerbare dogter en ’n kop vol planne, kom hulle tot hulp.

 

Italiaanse sywurmboere word na Suid-Afrika gebring om ’n sybedryf te vestig. Maar in Gouna se boswêreld verseg moerbeibome  om in potklei te groei. In die strawwe boswinter word die verwarde immigrante geteister deur reën, koorssiekte en onbegrip, en raak hulle al meer verbitter teen die goewerment wat hulle onder valse voorwendsels in die wildernis afgelaai het.

Die man wat hulle uiteindelik kom help, is ’n bosmens met ’n onregeerbare dogter en ’n kop vol planne – die eiesinnige Silas Miggel. Hy wil hulle op ’n skip kry, terug Italië toe . . .

 

Language

Afrikaans

Publisher

Tafelberg

Format

Softcover (213mm x 137mm)

Publication Date

September 2026

ISBN

9780624097013

Extent

364pp

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Moerbeibos”

Your email address will not be published. Required fields are marked *