Zara

Klara Thomas, ’n Kaapse skrywer, werk aan ’n roman oor Zara Schmelen, ’n Namavrou van Klein-Namakwaland wat met die Duitse sendeling Hinrich Schmelen getrou het. Saam vertaal hulle die vier Evangelies in Nama. In argiewe en ou geskrifte volg Klara Zara se spore en probeer sy dié merkwaardige vrou en haar lewenswerk uit die skadu’s lig.

 

Klara Thomas, ’n skrywer van Kaapstad, wy haar aan die skryf van ’n roman oor Zara Schmelen. Min is oor haar bekend. Die bietjie wat ons weet is in haar man en ander sendelinge se dagboeke opgeteken.

Zara, ’n Namavrou wat ongeveer 1793 naby Steinkopf in die Klein-Namakwaland gebore is, trou later met Hinrich Schmelen, ’n sendeling van Duitse afkoms. Saam het hulle drie dogters en ’n seun. Later vestig die egpaar hul in Komaggas waar hulle hul vertaling van die vier Evangelies in Nama afrond.

In die Nasionale Biblioteek se afdeling vir spesiale versamelings soek Klara na antwoorde tussen die teer en weerlose bladsye van dié tweehonderd jaar oue publikasie en ander geskrifte; probeer sy ’n beeld wek van die Namavrou voor en tydens haar huwelik met die sendeling. By die ronde tafel in haar meenthuis, wat uitkyk oor die stad, wag sy . . . luister sy na die wind totdat Zara se woorde na haar toe kom.

Klara neem die leser op ’n liriese pelgrimstog terug op Zara se spore; ’n poging om hierdie sonderlinge figuur en haar lewenswerk uit die skadu’s te lig.

Language

Afrikaans

Publisher

Human & Rousseau

Format

Softcover (213 mm x 137 mm)

Publication Date

October 2026

ISBN

9780798186308

E-ISBN

9780798186315

Extent

256 pp

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Zara”

Your email address will not be published. Required fields are marked *