Een vir een

Toe jong rugbyspelers en hul ouers tydens ’n skoolwedstryd handgemeen raak, rapporteer misdaadverslaggewer Ami Prinsloo nie net die nuus nie, maar word sy ook ’n ooggetuie van ’n vuisgeveg wat skrikwekkende gevolge het. Terwyl sy ondersoek instel na die rede vir die bakleiery, ontbloot sy ’n geheim wat haar bloed laat kook.

Hotel Bergsig

In die berghange bo die stil dorpie Overberg ontstaan daar onverwags ’n nuwe drama wanneer die skuur by die mooi hotel deur ’n brand verwoes word en die eienares, wakend by haar dragtige hond, sterf. Inspekteur Adriaan Kruger moet die vrae en teenstrydighede ontrafel terwyl hy en sy vrou, Karien, hulle voete vind as ouers van ’n jong tweeling.

 

Legkaart

Meer as tien jaar gelede het ’n rebelse jong skrywer, Simca, spoorloos tussen die verlate mynskagte naby Barberton verdwyn.

Nou gaan ’n groep bekroonde speurverhaalskrywers na ’n afgeleë skrywerslypskool naby die plek waar Simca verdwyn het.

Hul opdrag: skryf ’n verhaal wat die verdwyning oplos.

Maar dan word ’n lyk ontdek. Een van vele . . .

 

 

Enigma

’n Angolese sakeman word met twee koeëlgate in sy bors in ’n hotelkamer in Kaapstad aangetref, en Kassie en Rooi moet die saak ondersoek. Die kokaïen, ongeslypte diamante en edelgesteentes in sy bagasie slaan hulle dronk. Wat doen ’n gesiene persoon, wat ’n minister kom adviseer het, met vermoedelik smokkelware in sy besit?

Buy Online

Bloedbande

’n Onderhoudende misdaadondersoek met ’n einde wat mens nie sal sien kom nie.

Buy Online

’n Knippie moord

’n Knippie moord is humoristies, propvol kinkels en kleurryke karakters, en natuurlik ook ’n tikkie romanse!

Buy Online

Lifting The Lid

When survival depends on keeping the freezer door – or wine vat – firmly shut, how far will Winifred and Sylvie go to protect their deadly secret?

Buy Online

Die Serwiër

’n Serwiese geheime agent wat ’n dwelmsindikaat ondersoek, word koelbloedig vermoor in die Kaap se berugte nagklubdistrik. Die Serwiese geheime diens, ’n organisasie met ’n reputasie vir vergelding, stuur die gedugte majoor Viktor Vesić na Suid-Afrika om ondersoek in te stel. Sy speurwerk lei hom na onverwagse plekke; die spoor word ’n bloedspoor.

Buy Online

Ashes of Euphoria

This masterfully crafted story is action-packed and balances gut-wrenching tragedy with unexpected moments of wit and humour. A stellar new voice on the South African literary scene.

Buy Online