Enigma

’n Angolese sakeman word met twee koeëlgate in sy bors in ’n hotelkamer in Kaapstad aangetref, en Kassie en Rooi moet die saak ondersoek. Die kokaïen, ongeslypte diamante en edelgesteentes in sy bagasie slaan hulle dronk. Wat doen ’n gesiene persoon, wat ’n minister kom adviseer het, met vermoedelik smokkelware in sy besit?

Coming Soon

Wanneer ’n skatryk Angolese sakeman met twee koeëlgate in sy bors in ’n hotelkamer in Kaapstad aangetref word, moet Kassie en Rooi die saak ondersoek. Die kokaïen, ongeslypte diamante en edelgesteentes in sy bagasie slaan hulle dronk. Wat doen ’n gesiene persoon, wat ’n Suid-Afrikaanse minister kom adviseer het, met vermoedelik smokkelware in sy besit?

Die nuwe en omgesukkelde tydelike bevelvoerder van die Spookeenheid laat Kassie-hulle boonop ligtrap. Hy soek resultate en eintlik wou hy dit al gister gehad het.

’n New Yorkse beleggingsbestuurder, ’n Angolese skurk met verskeie geldmaakplanne, en ’n hoogaangeskrewe en geslepe sakevrou is almal op ’n manier met die vermoorde man verbind. Maar wat presies het hulle met sy raaiselagtige transaksies te doen?

Kassie en Rooi moenie net ’n moord oplos nie, maar ook ’n internasionale netwerk van kriminele aktiwiteite ontbloot. Een waarbinne daar nie geskroom word om mense permanent uit die weg te ruim nie.

Publication Date

June 2026

Language

Afrikaans

Publisher

Queillerie

Format

Softcover (234mm x 152mm)

Extent

384pp

ISBN

9780795803390

E-ISBN

9780795803406

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Enigma”

Your email address will not be published. Required fields are marked *