Aandstories vir kleuters (2026 uitgawe)

’n Nuwe uitgawe van Aandstories vir kleuters ​- een van die bekendste, mees klassieke versamelings van die wêreld se gewildste sprokies en verhale. Sedert die eerste Afrikaanse uitgawe in 1970, is die bundel talle kere herdruk en was die kenmerkende “groot rooi boek” deel van duisende kinders se grootwordjare.
Buy Online

Bobbob die robo-meerkat en die brandbekbobotie

Ali, Mieke en Lena ontmoet BOBBOB teen Tafelberg se hange en ʼn opwindende avontuur deur die Moederstad volg. Maar dan is daar ’n glipsie in die Bo-Kaap . . . ‘n Bobotie warmer as ‘n kaboem-krater op Ploemplaf! Watter plan gaan BOBBOB en die kinders beraam om uit die hittige situasie te kom?
Buy Online

Bobbob die robo-meerkat en die Kalahari-kloutjie

BOBBOB se ruimteskip stort bo Suid-Afrika neer. Tydens die impak breek 9 ploemplafstene van sy skip af en beland elk in ‘n ander provinsie. BOBBOB kan slegs terugkeer na sy planeet nadat hy al nege stene kon vind. Hy skandeer die Kalahari en sien ’n meerkat. Hy besluit om sy Ploemplafiaanse tegnologie in te span en die vorm van die meerkat aan te neem! En so begin BOBBOB die robo-meerkat se avonture deur Suid-Afrika . . .

Buy Online

Bobbob die robo-meerkat en die rebelse rugbybal

In die tweede BOBBOB-avontuur wil Tumi desperaat die Goudrand-rugbyspan haal. Hy is vinnig, maar kan nie goed vang nie. In Pretoria oefen hy en De Wet onder die jakarandas, tot hulle die tweede ploemplafsteen ontdek en vir BOBBOB ontmoet! Die drie vriende beland in ’n Gauteng-avontuur van Gold Reef City tot Loftus.

Buy Online

Die avonture van Wilde Willemientjie (2026)

Voor die verskyning van haar eerste tand is Willemientjie wêreldbekend. Met al die diere van die diereryk wat sy om haar pinkie kan draai, reis sy die wêreld vol: na die Kalahari, Paternoster, selfs die maan! En so tussen die klappe wat sy en die diere aan booswigte toedien, sorg hulle vir een groot makietie.
Buy Online

Die jaar toe dit gemmerbier gereën het

Moedverloor word deur ’n verskriklike droogte geteister. Die dorp is verlate – behalwe vir Koot Marais, die apteker, en sy gesin. Maar dan beland Katisja op hulle voorstoep – gewapen met slegs haar rooi sambreel en onmoontlike oplossings vir allerhande onmoontlike probleme. En wat volg is suiwer maltrap-avontuur: ontploffende drankies, singende Agtertrekkers, tweeling-fortuinvertellers, geheimsinnige wakiste, verlore kinders, en ’n skouspelagtige lugontsnapping in ?n sigeuner-karavaan!

Die Kersverhaal

’n Klassieke Bybelverhaal bring hoop in hierdie bekoorlike opwipboek. Onder die Betlehemster kom herders en wyse manne in ’n nederige stal bymekaar om ’n wonderwerk te vier. Baba Jesus is gebore en bring vreugde en hoop vir die hele wêreld!

Buy Online