Die storie van Moses

Volg Moses se lewe van die oomblik toe hy as baba in die rivier gevind is tot waar hy oor die Beloofde Land uitkyk, met tonele wat voor jou in 3D oopvou. Elke bladsy is ‘n nuwe avontuur met illustrasies wat jong lesers sal boei. Hierdie toevoeging tot die Bybelopwip-reeks sal kinders bekoor terwyl hulle leer oor die profeet wat van aangesig tot aangesig met God gepraat het en wat dit beteken om jou geloof uit te leef.

Buy Online

 

Die storie van Noag se ark

Die klassieke storievertelling met opwiptonele sal kinders bekoor terwyl hulle leer oor God se liefde en hoe dit lyk om jou geloof uit te leef.
Buy Online

Harlekyn (2025-uitgawe)

Ná ’n skrikwekkende ervaring by die sirkus, het Werner een reël: Bly weg van narre!
Maar wanneer sy suster vir Billy huis toe bring – ’n antieke harlekynpop – word Werner se ergste nagmerrie waar. Sy suster dring aan dis net ’n onskuldige speelding . . . maar dan begin daar vreemde goed in die huis gebeur.

Helde van die bybel

Ontdek legendariese Bybelse helde met hierdie betowerende opwipboek! Wanneer jong Dawid teen die reus Goliat te staan kom, wanneer Simson sy ongelooflike krag wys, en wanneer ander helde op God vertrou, ontvou wonderlike avonture.
Buy Online

Heroes of the Bible

Through towering pop-ups and stunning illustrations, these epic tales of faith and courage come alive. But will these heroes find the strength to overcome impossible challenges?
Buy Online

Huisgenoot: Het jy geweet?

Het jy geweet dat sebras eintlik swart met wit strepe is? Dat die Bloukransbrug die hoogste brug in Afrika is? Of dat Tafelberg miljoene jare gelede die bodem van ’n vallei was? ’n Versameling verstommende feite en infografika uit Huisgenoot se gewilde Het jy geweet?-reeks wat oud en jonk saam sal laat uitroep: “Dít het ek nie geweet nie!”

Kleinkat 1: Kleinkat se strokiesklub

Maak gereed vir ‘n nuwe strokiesboekreeks deur die skepper van Hondman! Kleinkat leer vir ‘n skool paddavissies hoe om hul eie strokiesprente te skep – van stories oor ’n tandeborsel wat ’n prokureur wil word tot ’n kaastoebroodjie-monster. Kinders sal lag, teken, en hul eie strokiesavonture skep lank nadat hulle die laaste bladsy omgeblaai het.