Terwyl Ali, Mieke en Lena lourierblare teen Tafelberg se hange soek, kom hulle op ʼn gloeiende oranje klippie af. Nooit sou hulle kon raai tot watter kaskenades dit sou lei nie. Daar hoog bo Kaapstad ontmoet hulle vir BOBBOB, en so begin ʼn opwindende avontuur deur die Moederstad. Tussen klippies, blomme en speserye ontdek BOBBOB nóg vreemde gewoontes van die aardbewoners. Maar dan is daar ’n glipsie in die Bo-Kaap . . . iets wat met enige robot kan gebeur. En hulle sit met ‘n baksel bobotie wat warmer is as ʼn kaboem-krater! BOBBOB en die kinders is vasgevang in ʼn vuurwarm brandbekkompetisie wat lesers se oë gaan laat traan van die lag.
Bobbob die robo-meerkat en die brandbekbobotie
Ali, Mieke en Lena ontmoet BOBBOB teen Tafelberg se hange en ʼn opwindende avontuur deur die Moederstad volg. Maar dan is daar ’n glipsie in die Bo-Kaap . . . ‘n Bobotie warmer as ‘n kaboem-krater op Ploemplaf! Watter plan gaan BOBBOB en die kinders beraam om uit die hittige situasie te kom?
Heléne de Clercq, Marion Erskine
SKU
9780624096580
Categories All Books, Children's Books, Comic book, Fiction, Graphic novel, New & Upcoming
| Language | Afrikaans |
|---|---|
| Publisher | Tafelberg |
| Format | Softcover (198mm x 130mm) |
| Publication Date | August 2026 |
| ISBN | 9780624096580 |
| Extent | 96pp |
Be the first to review “Bobbob die robo-meerkat en die brandbekbobotie” Cancel reply

Reviews
There are no reviews yet.