BOBBOB die robo-meerkat en die Kalahari-kloutjie is die eerste titel in ’n reeks grafiese kinderverhale. Die hoofkarakter, BOBBOB, is ’n robot van die planeet Ploemplaf. Wanneer sy ruimteskip reg bokant Suid-Afrika neerstort, beland hy in die Kalahari. Tydens die atmosferiese impak het 9 ploemplafstene van sy ruimteskip afgebreek, met ‘n steen wat in elk van die provinsies beland het. BOBBOB kan slegs terugkeer na planeet Ploemplaf indien hy al nege stene opgespoor het. Buite sy tuig skandeer BOBBOB die omliggende area en sien ’n meerkat. Hy besluit om sy Ploemplafiaanse tegnologie in te span en die vorm van die meerkat aan te neem om by die onbekende Suid-Afrikaanse omgewing in te pas. En so begin BOBBOB die robo-meerkat se avonture deur Suid-Afrika . . .


Bobbob die robo-meerkat en die Kalahari-kloutjie
BOBBOB se ruimteskip stort bo Suid-Afrika neer. Tydens die impak breek 9 ploemplafstene van sy skip af en beland elk in ‘n ander provinsie. BOBBOB kan slegs terugkeer na sy planeet nadat hy al nege stene kon vind. Hy skandeer die Kalahari en sien ’n meerkat. Hy besluit om sy Ploemplafiaanse tegnologie in te span en die vorm van die meerkat aan te neem! En so begin BOBBOB die robo-meerkat se avonture deur Suid-Afrika . . .
Coming Soon
Heléne de Clercq, Marion Erskine
SKU
9780624096337
Categories Afrikaans, All Books, Children's Books, Fiction: general and literary, New & Upcoming
| Publication Date | May 2026 |
|---|---|
| ISBN | 9780624096337 |
| Extent | 96pp |
| Format | Softcover (198mm x 130mm) |
| Language | Afrikaans |
| Publisher | Tafelberg |
Be the first to review “Bobbob die robo-meerkat en die Kalahari-kloutjie” Cancel reply
Reviews
There are no reviews yet.