Los bietjie plek vir magic

Agtien! Nairobi kan uiteindelik asemhaal. Sy is vry van die skadu wat haar al jare volg: haar tannie se verdwyning. Maar net toe dinge beter begin lyk, kry haar lewe op haar verjaarsdag ’n skok – ’n onverwagte besoeker daag op, en haar kêrel dump haar voor die hele klas. Nairobi word gedwing om die verlede se raaisels in die oë te kyk.

Buy Online

Lotta se lewe 15: Otters oral!

Dit is die een katastrofe ná die ander in elfjarige Lotta se lawwe lewe! In Otters oral! is Lotta se beste vriendin, Chantelle, in die wolke, want haar ma het ’n man op ’n webwerf vir pasmaats ontmoet. Nou wil sy sommer vir almal ’n pasmaat soek! Miskien kan Lotta haar daarvan laat vergeet deur haar in die middel van die nag op ’n otter-avontuur te vat . . .

Die dagboekstyl en prettige illustrasies sal lesers van 8 tot 12 jaar boei.

My eerste 100 woorde

Hierdie pragtige prente-woordeboek bevat honderd eerste woorde om uit te ken, hardop te sê en te lees. Dit bied ’n rykdom bekende dinge uit ’n Afrikaanse kind se leefwêreld – ’n uitstappie na die winkels, ’n braai, ’n verjaarsdagpartytjie, die plaas, slaaptyd, en nog vele meer.

Buy Online

My eerste klanke: Die see

Bring die see huis toe met vyf pragtige geluide wat die klanke van die see vasvang. Van walvisse wat sing en pikkewyne wat plons, tot seeumeeue wat raas – jong verkenners sal keer op keer na hierdie boek terugkeer.

Buy Online

My eerste klanke: Diere

Ontdek die diereryk met regte dieregeluide! Vyf pragtige geluide vang die diversiteit van die wêreld se diere vas. Van leeus wat brul tot papegaaie wat raas – jong verkenners sal keer op keer na hierdie boek terugkeer.

Buy Online

My eerste opwip met flappe: Jan en die boontjierank

Betree die betowerende wêreld van sprokiesverhale met ʼn interaktiewe hervertelling van Jan en die boontjierank! Die opwiptonele en flappe in hierdie klassieke storie sal kinders se verbeelding aangryp en hul nuuskierigheid prikkel.

ʼn Arm plaasseun verruil sy familie se koei vir towerboontjies wat oornag tot ʼn reuseboontjierank groei! Hy klim tot hoog in die wolke en ontdek ʼn reus se kasteel vol ongelooflike skatte, insluitend ʼn gans wat goue eiers lê. Die seun moet baie dapper wees en van die kwaai reus ontsnap om die skatte huis toe te bring.