My eerste opwip met flappe: Rooikappie

Betree die betowerende wêreld van sprokiesverhale met hierdie interaktiewe hervertelling van Rooikappie! Die opwiptonele en flappe in hierdie klassieke storie sal kinders se verbeelding aangryp en hul nuuskierigheid prikkel.

Rooikappie loop deur die woud om ʼn mandjie lekkernye vir haar ouma te neem. Maar langs die pad ontmoet sy ‘n geheimsinnige wolf met glinsterende oë en skerp tande, en by Ouma se huisie is alles nie pluis nie . . .

My First Sounds: Animals

Five authentic animal sound buttons captivate young explorers! Trumpeting elephants, roaring lions, snapping crocodiles, and bird songs bring the wild home.

Buy Online

My First Sounds: Ocean

Bring the underwater world home with five exciting sound buttons that capture the real calls of the ocean!

Buy Online

Ons soek na die perfekte drukkie

Vier hasies soek na die perfekte drukkie in hierdie flappie-avontuur. Daar is allerhande verrassings om te ontdek, van stekerige krimpvarkie-drukkies tot wollerige lammetjie-drukkies.

Daar is al meer as 3 miljoen boeke wêreldwyd oor dié hasie-maats verkoop! Dis ook die eerste boek in die internasionale topverkoperreeks om in Afrikaans gepubliseer te word.

Buy Online

Opwipsprokie: Pinocchio

In ’n besige klein werkswinkel word ’n houtpop wonderbaarlik lewendig. In hierdie vertelling van die immergroen sprokiesverhaal Pinocchio vou die tonele voor jou in 3D oop. Verken die gesellige werkswinkel en Pinocchio se opwindende wêreld. Hierdie nuwe uitgawe is die perfekte versamelstuk vir enige sprokiesliefhebber.

Buy Online

 

Opwipsprokie: Raponsie

Raponsie woon stoksielalleen in ‘n heks se toring. Sy ken geen ander lewe nie – totdat sy ’n goedhartige prins ontmoet wat haar wys hoe vryheid lyk. In hierdie vertelling van die immergroen sprokiesverhaal vou die tonele voor jou in 3D oop. Elke bladsy is ‘n nuwe avontuur met illustrasies wat jong lesers sal boei. Verken die afgeleë toring, die digte woud en Raponsie en die prins se gelukkige einde in hierdie toevoeging tot die bekende Opwipsprokie-reeks.

Buy Online

 

Piep-piep op die plaas!

Hierdie klankboek met 12 knoppies is propvol pret! Elke bladsy nooi kinders uit om te kyk, te luister en verskillende diere raak te sien terwyl hulle die plaas verken. Dis die perfekte boek om kinders se woordeskat uit te brei en ‘n liefde vir diere te bevorder.