Soetroos van Saron vertel die verhaal van Delicia Basson, ’n jong vrou van Saron, wat ‘n gesogde beurs van die welgestelde Nicol-familie ontvang om aan die Universiteit Stellenbosch te studeer. Delicia is opgewonde én angstig wanneer sy ouma Toesie en haar vertroude wêreld agterlaat om haar studies voort te sit.
Delicia is heeltemal oorweldig deur die prag en praal waarin die welgestelde Nicol-familie woon. Maar geleidelik besef sy daar is iets sinisters wat onder die oppervlak broei. Soos sy dieper grawe, ontdek Delicia ‘n patroon van uitbuiting wat ander slagoffers betrek – insluitend Deyoncé, ’n plaasmeisie wat op geheimsinnige wyse verdwyn het.
Kan Delicia soos Nancy Drew die leidrade ondersoek en die donker waarheid blootlê?

Reviews
There are no reviews yet.