Vreemde vos

Die aflegging van onskuld is deel van menswees en kan soos ’n sikloon alles voor die voet platvee, maar dit is ook moontlik om sin te maak van die storm. Vreemde vos is ’n tydlose verhaal wat geeneen ongeraak sal laat nie.

’n Teer, spitsvondige stem, met emosionele diepgang. – Johannes de Villiers

Buy Online

Vreesvanger

Wie sal JY bel as jou grootste vrese bewaarheid word?

Buy Online

Waar die teerpad ophou

’n Eerlike en aangrypende reisverhaal waarin Jean Cooper en sy vriend De Witt vir drie maande op twee motorfietse deur Afrika ry – van Pretoria tot in Spanje. Wat begin as ’n avontuur vol opgewondenheid, word vinnig ’n veel dieper reis: ’n deurkruising van landskappe, geskiedenis, gevaar, vriendskap, identiteit en innerlike worsteling.

Buy Online

 

Wintersrust

Wintersrust is ’n bruisende verhaal vol hartstog en avontuur. Dit handel oor individue wat worstel met magte buite hul beheer.

Buy Online

Wreed en mooi is die dood

Wreed én mooi is die dood – met bydraes deur top Afrikaanse skrywers – probeer hierdie stilte te verbreek. Deur hul diep persoonlike verhale oor verlies en heling te deel, bied die bydraers onbewustelik ook raad vir hoe om die hartseer van ’n geliefde se dood te verwerk en hoe om jou eie sterflikheid te konfronteer.

Buy Online

Ystervuis uit die see

Ystervuis uit die see deur Arne Soderland en Douw Steyn is die mees gedetailleerde optekening van die Spesiale Magte se seewaartse operasies gedurende die Grensoorlog.

Buy Online

’n Knippie moord

’n Knippie moord is humoristies, propvol kinkels en kleurryke karakters, en natuurlik ook ’n tikkie romanse!

Buy Online