Delicia Basson verlaat Saron om haar studies in Stellenbosch te begin. Sy word aanvanklik betower deur haar nuwe lewe. Tog lê daar iets sinisters onder die oppervlakte van hierdie welgestelde familie. Soos sy dieper grawe, ontdek Delicia ’n patroon van uitbuiting wat ander slagoffers betrek.
Op byna sestig is die hoofkarakter onvergenoeg met haar werk, die mense naaste aan haar en veral haarself. Sy gaan op ’n soektog na betekenis in haar lewe. Dit lei tot lang meditasies, swem in die see, joga, en selfs psigedeliese reise, terwyl haar sorg van katte die enigste konstante bly. Haar soeke word deur ’n gesondheidskok op die spits gedryf.
’n Nuwe uitgawe van Aandstories vir kleuters - een van die bekendste, mees klassieke versamelings van die wêreld se gewildste sprokies en verhale. Sedert die eerste Afrikaanse uitgawe in 1970, is die bundel talle kere herdruk en was die kenmerkende “groot rooi boek” deel van duisende kinders se grootwordjare.
Ontdek legendariese Bybelse helde met hierdie betowerende opwipboek! Wanneer jong Dawid teen die reus Goliat te staan kom, wanneer Simson sy ongelooflike krag wys, en wanneer ander helde op God vertrou, ontvou wonderlike avonture.
In die tweede BOBBOB-avontuur wil Tumi desperaat die Goudrand-rugbyspan haal. Hy is vinnig, maar kan nie goed vang nie. In Pretoria oefen hy en De Wet onder die jakarandas, tot hulle die tweede ploemplafsteen ontdek en vir BOBBOB ontmoet! Die drie vriende beland in ’n Gauteng-avontuur van Gold Reef City tot Loftus.
BOBBOB se ruimteskip stort bo Suid-Afrika neer. Tydens die impak breek 9 ploemplafstene van sy skip af en beland elk in ‘n ander provinsie. BOBBOB kan slegs terugkeer na sy planeet nadat hy al nege stene kon vind. Hy skandeer die Kalahari en sien ’n meerkat. Hy besluit om sy Ploemplafiaanse tegnologie in te span en die vorm van die meerkat aan te neem! En so begin BOBBOB die robo-meerkat se avonture deur Suid-Afrika . . .
Op die dorpie waar Juna Ferreira haar ná haar egskeiding bevind, herken sy ’n unieke litteken op iemand se wang. Dit roep haar grootwordjare op die Vrystaatse goudvelde op, wat sy as sorgvry en gelukkig onthou. Maar was dit regtig so?