Vreemde vos

Die aflegging van onskuld is deel van menswees en kan soos ’n sikloon alles voor die voet platvee, maar dit is ook moontlik om sin te maak van die storm. Vreemde vos is ’n tydlose verhaal wat geeneen ongeraak sal laat nie.

’n Teer, spitsvondige stem, met emosionele diepgang. – Johannes de Villiers

Buy Online

Goed genoeg

Gerridene Berg wil vroue help sodat hulle hul roeping kan instap met oorwinning. Sy vertel haar eie storie aan die hand van sake soos aanvaarding, trauma en vrees, vergifnis en om elke dag jou identiteit as oorwinnaar te kies en daarin te leef uit. Gerridene wil graag mense inspireer om genesing te vind. Hierdie boek is ‘n getuienis van hoe ‘n liefdevolle God ‘n gewone vrou gebruik om buitengewone dinge te doen.

Buy Online

My eerste 100 woorde

Hierdie pragtige prente-woordeboek bevat honderd eerste woorde om uit te ken, hardop te sê en te lees. Dit bied ’n rykdom bekende dinge uit ’n Afrikaanse kind se leefwêreld – ’n uitstappie na die winkels, ’n braai, ’n verjaarsdagpartytjie, die plaas, slaaptyd, en nog vele meer.

Buy Online

Die Serwiër

’n Serwiese geheime agent wat ’n dwelmsindikaat ondersoek, word koelbloedig vermoor in die Kaap se berugte nagklubdistrik. Die Serwiese geheime diens, ’n organisasie met ’n reputasie vir vergelding, stuur die gedugte majoor Viktor Vesić na Suid-Afrika om ondersoek in te stel. Sy speurwerk lei hom na onverwagse plekke; die spoor word ’n bloedspoor.

Buy Online

Ons soek na die perfekte drukkie

Vier hasies soek na die perfekte drukkie in hierdie flappie-avontuur. Daar is allerhande verrassings om te ontdek, van stekerige krimpvarkie-drukkies tot wollerige lammetjie-drukkies.

Daar is al meer as 3 miljoen boeke wêreldwyd oor dié hasie-maats verkoop! Dis ook die eerste boek in die internasionale topverkoperreeks om in Afrikaans gepubliseer te word.

Buy Online

Kanniedood

Skinderpraatjies veroorsaak dat speuradjudant Storm van der Merwe tydelik geskors word. Die omgewingsaktivis Jane English nooi haar uit om op haar wildplaas neffens Barrydale te kom kuier. Maar Jane het ’n verskuilde agenda: ’n sindikaat het skaars vetplantjies van haar plaas gestroop en sy smeek Storm om die smokkelnetwerk oop te vlek.

Buy Online

 

Brief op veertigduisend voet

Dreyer laat die leser in verwondering na die wêreld kyk. Sy natuurgedigte en reisgedigte belig die mens se interaksie met sy omgewing. Ooptes en ongekarteerde gebiede dui op die onsekere avontuur van die post-postmoderne mens. Teenoor gedigte oor die antieke staan dié oor tegnologie, asook wetenskapsfiksie. En die liefde word roerend verbeeld.

Buy Online

Rillers: Omnibus 1

Twee van François Bloemhof mees geliefde grilstories in een boek. In Die speletjie laai Wouter ‘n dodelike rekenaarspeletjie af . . . Noudat die speletjie sy naam het, en mense begin sterf, is daar net een uitweg: speel, of word die volgende slagoffer. In Die vrou met die pers oog moet Chris en Martie in hul nuwe skool aanpas. Maar hul nuwe maats is vreemd en die biblioteekjuffrou het ’n donker geheim . . .

Buy Online

Klipkoud

‘Elkeen van hierdie kartonhouers bevat die oorskot van ‘n mens …
Ons pakplek het opgeraak,” verduidelik die professor, “daarom
het ons toe maar hierdie bokse begin gebruik.’

Nicole Engelbrecht is terug met ‘n nuwe boek oor van die
interessantste sake uit haar gewilde potgooi True Crime South
Africa.