Gerridene Berg wil vroue help sodat hulle hul roeping kan instap met oorwinning. Sy vertel haar eie storie aan die hand van sake soos aanvaarding, trauma en vrees, vergifnis en om elke dag jou identiteit as oorwinnaar te kies en daarin te leef uit. Gerridene wil graag mense inspireer om genesing te vind. Hierdie boek is ‘n getuienis van hoe ‘n liefdevolle God ‘n gewone vrou gebruik om buitengewone dinge te doen.
Bekommernis, twyfel, verwarring, depressie en woede is alles aanvalle op die gemoed. In hierdie opgedateerde uitgawe leer Joyce ons hoe om ons gedagtes te fokus op die manier waarop God dink. Sy deel stories uit haar eie lewe, saam met Bybelse waarhede en aanmoediging om jou te help om doelgerig te dink en ‘n vreugdevolle lewe te begin.
Uit die Beek is net oor 100 jaar oud in 2026. In hierdie uitgawe begin ons lees by Genesis en lees ook Eksodus, Rut, 1 en 2 Samuel, Ester, Psalms, Spreuke, Prediker en Jesaja. Ook Markus, 1 Korintiërs, Filippense, 1 en 2 Tessalonisense, 1 en 2 Timoteus. Ons neem die seisoene van die kerkjaar ook in ag. Mag jy vanjaar hoor dat jy aan Jesus behoort.
Hallo, Jesus! bevat vyf dagstukkies vir elke week en twee dae van lekker gesels. Dit is spesiaal deur ouma en oudonderwyser Marinda Engelbrecht opgestel vir 5 tot 7-jariges. Die dagstukkies versterk kinders se geestelike groei en bou veerkragtigheid in moeilike situasies. Temas sluit in: die skepping, gehoorsaamheid en dankbaarheid.
Susan Coetzer was ’n swaarmoedige Sannie. Christus het haar egter begeester om geestelike transformasiewerk te doen. Hierdie werk het mooi dinge gebring soos vryheid en vrede. Susan nooi jou om saam met haar op ’n reis te gaan. Mag hierdie reis jou aanspoor om aan te hou stap totdat jy ook ’n energieke en borrelende mens in Christus is.