Cara

Cara is op pad na haar geboorteland. Sy is destyds deur die Du Toits aangeneem en sy en Clarabelle het saam grootgeword. Na haar weggaan het hulle korrespondeer, maar later het die oorlog tussenin gekom. Sy word goed ontvang en almal is begaan oor haar welstand, maar sy bly verward en eensaam. Het sy eindelik haar bestemming bereik? Tyd sal leer.

Die storie van Noag se ark

Die klassieke storievertelling met opwiptonele sal kinders bekoor terwyl hulle leer oor God se liefde en hoe dit lyk om jou geloof uit te leef.
Coming Soon

Goed genoeg

Gerridene Berg wil vroue help sodat hulle hul roeping kan instap met oorwinning. Sy vertel haar eie storie aan die hand van sake soos aanvaarding, trauma en vrees, vergifnis en om elke dag jou identiteit as oorwinnaar te kies en daarin te leef uit. Gerridene wil graag mense inspireer om genesing te vind. Hierdie boek is ‘n getuienis van hoe ‘n liefdevolle God ‘n gewone vrou gebruik om buitengewone dinge te doen.

Coming Soon

Hallo, Jesus!

Hallo, Jesus! bevat vyf dagstukkies vir elke week en twee dae van lekker gesels. Dit is spesiaal deur ouma en oudonderwyser Marinda Engelbrecht opgestel vir 5 tot 7-jariges. Die dagstukkies versterk kinders se geestelike groei en bou veerkragtigheid in moeilike situasies. Temas sluit in: die skepping, gehoorsaamheid en dankbaarheid.

Helde van die bybel

Ontdek legendariese Bybelse helde met hierdie betowerende opwipboek! Wanneer jong Dawid teen die reus Goliat te staan kom, wanneer Simson sy ongelooflike krag wys, en wanneer ander helde op God vertrou, ontvou wonderlike avonture.
Coming Soon

Heroes of the Bible

Through towering pop-ups and stunning illustrations, these epic tales of faith and courage come alive. But will these heroes find the strength to overcome impossible challenges?
Coming Soon

Knowing Who You Are Because of Who God Is: 100 Days to Unbreakable Faith

Former Miss Universe Demi-Leigh Tebow found confidence by surrendering insecurities to God. In “Knowing Who You Are Because of Who God Is,” she offers a 100-day devotional to help you find identity in God rather than external factors. “True self-worth comes from recognizing who God says you are.”

Op soek na wysheid

Joyce Meyer bespreek sewe beginsels uit Spreuke: wysheid, insig, oordeelkundigheid, kennis, diskresie, onderskeidingsvermoë en die vrees van die Here. As ons dié eienskappe wil besit, moet ons ons verbind tot ’n dieper begrip en toepassing van dié waardes. Hierdie boek jou die beginsels leer en toerus met God se krag om dit daadwerklik uit te leef.

Super C

Susan Coetzer was ’n swaarmoedige Sannie. Christus het haar egter begeester om geestelike transformasiewerk te doen. Hierdie werk het mooi dinge gebring soos vryheid en vrede. Susan nooi jou om saam met haar op ’n reis te gaan. Mag hierdie reis jou aanspoor om aan te hou stap totdat jy ook ’n energieke en borrelende mens in Christus is.