Kleinkat 1: Kleinkat se strokiesklub
Maak gereed vir ‘n nuwe strokiesboekreeks deur die skepper van Hondman! Kleinkat leer vir ‘n skool paddavissies hoe om hul eie strokiesprente te skep – van stories oor ’n tandeborsel wat ’n prokureur wil word tot ’n kaastoebroodjie-monster. Kinders sal lag, teken, en hul eie strokiesavonture skep lank nadat hulle die laaste bladsy omgeblaai het.