Bobbob die robo-meerkat en Operasie Slurpslorp

Toe Nandi alleen by haar au pair in die Addo Olifantpark agterbly, tel sy ‘n ronde, turkoois ploemplafsteen op. BOBBOB is op sy vierde sending en is heel verbaas dat aardse Slurpslorpe nie kan skaatsplank ry nie. Met sy vermoë om Olifants te verstaan, skop ʼn Oos-Kaapse avontuur af!

 

 

Legkaart

Meer as tien jaar gelede het ’n rebelse jong skrywer, Simca, spoorloos tussen die verlate mynskagte naby Barberton verdwyn.

Nou gaan ’n groep bekroonde speurverhaalskrywers na ’n afgeleë skrywerslypskool naby die plek waar Simca verdwyn het.

Hul opdrag: skryf ’n verhaal wat die verdwyning oplos.

Maar dan word ’n lyk ontdek. Een van vele . . .

 

 

Hotel Bergsig

In die berghange bo die stil dorpie Overberg ontstaan daar onverwags ’n nuwe drama wanneer die skuur by die mooi hotel deur ’n brand verwoes word en die eienares, wakend by haar dragtige hond, sterf. Inspekteur Adriaan Kruger moet die vrae en teenstrydighede ontrafel terwyl hy en sy vrou, Karien, hulle voete vind as ouers van ’n jong tweeling.

 

Een vir een

Toe jong rugbyspelers en hul ouers tydens ’n skoolwedstryd handgemeen raak, rapporteer misdaadverslaggewer Ami Prinsloo nie net die nuus nie, maar word sy ook ’n ooggetuie van ’n vuisgeveg wat skrikwekkende gevolge het. Terwyl sy ondersoek instel na die rede vir die bakleiery, ontbloot sy ’n geheim wat haar bloed laat kook.