Kleinkat 1: Kleinkat se strokiesklub

Maak gereed vir ‘n nuwe strokiesboekreeks deur die skepper van Hondman! Kleinkat leer vir ‘n skool paddavissies hoe om hul eie strokiesprente te skep – van stories oor ’n tandeborsel wat ’n prokureur wil word tot ’n kaastoebroodjie-monster. Kinders sal lag, teken, en hul eie strokiesavonture skep lank nadat hulle die laaste bladsy omgeblaai het.

Duistermaan

Dennis verhuis saam met sy ouers na ‘n afgeleë padstal in die Drakensberge. Die eienaar hou ‘n unieke klompie diere op die plaas aan – maar die vreemdste van almal is ‘n grys wolf genaamd Bruno. Wanneer die buurman se alpakkas dood gevind word, is daar gerugte van ‘n “Wolfmens”. En dan ontdek hy ‘n ou selfoon in sy kamer met ‘n ysige boodskap. Hy moet die waarheid ontrafel voordat wat ook al in die donker skuil nog ‘n slagoffer eis . . .

Roulette

In 1998 was hulle onskuldige tieners. In 2025 is hulle verdagtes.

Sersant Sollie Mthembu se nuwe ondersoek lei hom terug na ’n onopgeloste dossier van die negentigs. Om die moordenaar te stuit moet Sollie agter die kap van die byl kom: Is dit wraak? Of word mense stilgemaak?

Roulette is die bekroonde skrywer Sidney Gilroy se vyfde roman.

The Shadow State

On 23 August 2021, a quiet, hardworking single mom was shot down in a hail of bullets as she drove home. Her name was Babita Deokaran, chief accountant at Tembisa Hospital. The izinkabi paid to kill her were caught, but the question remained: who ordered her murder, and why? Crime reporter Jeff Wicks set out to find the answer.

Hell of a Country

Hell of a Country is a creative reimagining of a true crime story from early-1970s South Africa. The novel tells the story of teenager Lorraine van Niekerk who despises the fact that her boss and lover, middle-aged André Bekker, won’t leave his wife Sunette and marry her instead. When Lorraine’s life fatefully intersects that of Alfie Geemooi, a recent amputee, she comes up with a hell of a plan. Is murder an adequate price to pay for love?

Life is ‘n biets

Leonardo word groot in ’n arm, maar liefdevolle gesin. Wanneer sy pa en kleinboetie in ’n ongeluk sterf, verander alles. Leonardo loop uiteindelik weg en beland op straat. Rodger, ’n ou Engelsman, word vir hom soos ’n vaderfiguur. Wanneer Rodger siek word en Leonardo hom in die hospitaal besoek, ontdek hy iets onverwags.

Die laaste leuen

Sophia het weer een van die episodes gehad waar sy eenvoudig wegraak. Swart. Niks. Toe sy bykom, vind sy haar man, die popster Max Bladen, met ’n bloederige wond aan sy kop. Wie kon Max hier in hul leefkamer aangeval het? Dit kan tog nie wees dat sý . . .? Sy sal bitter gou ’n manier moet vind om haar onskuld te bewys – al kan sy nie onthou nie.

Waterman

’n Toeganklike, innemende bundel waarin die digter in soepel, gevoelige taal sy persoonlike ervarings verwoord én in gesprek tree met digters wat hom voorafgegaan het. Die verse skroom nie om eerlik én openhartig om te gaan met sowel diep persoonlike belewenisse of maatskaplike en politieke kwessies nie, en telkens te verras met vernuwende perspektiewe. Water dien deurgaans as ’n metafoor vir vloei, verandering en aanpasbaarheid – die noodsaaklike element vir lewe in ’n digterlike heelal.

Fabrics of Love

This family saga is told through the lens of the third generation of women who surround Lemohang Ntoi, the head of the family, as he struggles to hold onto life as he knew it. It is the Ntoi women’s assertiveness and drive that threaten Lemohang’s position and ideals for this family. We see their attempts at healing past trauma while they pursue their dreams. Fabrics of Love navigates issues around culture, legacy, love and marriage.