Dit is 1916 en Caleb Kelly, ’n jong WOI-veteraan, keer getraumatiseerd en geskend terug na sy familieplaas in die Oos-Kaap. Wanneer olifante groot skade op Bellevue aanrig, is hy gereed om hulle voor die voet te skiet. Maar dan gebeur iets wat maak dat hy sy woede verruil vir ’n diepe vriendskap met ’n trop wat bedags tussen die ruigtes op die plaas skuil. Deur feit met fiksie te verweef neem Bakkes lesers op ’n reis vanaf 1916 tot die stigting van die Addo-olifantpark in 1931.


Soetdoring in die ruigtes
Soetdoring in die ruigtes is meer as ’n historiese roman – dit is ’n meditasie oor trauma en genesing, oor die mensdom se vermoë tot beide vernietiging en verlossing. Bakkes herinner ons weer aan ons plek in die natuur en ons verantwoordelikheid om dit vir die toekomstige geslagte te bewaar.
Beskikbaar Januarie 2026
| Publication Date | Jan-26 |
|---|---|
| ISBN | 9780798185424 |
| E-ISBN | 9780798185431 |
| Extent | 256pp |
| Format | Softcover (198 mm x 130 mm) |
| Language | Afrikaans |
| Publisher | Human & Rousseau |
Be the first to review “Soetdoring in die ruigtes” Cancel reply
Reviews
There are no reviews yet.