Churchill & Smuts

Die Vriendskap

Die eiesoortige vriendskap tussen Winston Churchill en Jan Smuts is ’n studie in kontraste. Richard Steyn, die skrywer van Jan Smuts: Afrikaner sonder grense, bestudeer dié hegte vriendskap deur twee wêreldoorloë aan die hand van ’n magdom argiefstukke, briewe, telegramme en die omvangryke boeke wat oor albei mans geskryf is.

Ook beskikbaar in Engels as Churchill & Smuts: The Friendship

Buy Online

Die Stellenbosch Mafia

’n Verhaal van mag, geld en invloed

Die gewilde skrywer en bekroonde joernalis Pieter du Toit het gaan ondersoek instel op Stellenbosch. Du Toit kyk krities na hierdie klub van miljardêrs: Wie is hulle en belangriker nog, hoe is hulle onderling verbind? Hy beskryf ook die opkoms van Markus Jooste en die impak wat die Steinhoff-skandaal gehad het.

Buy Online

Fortuine

Die wel en wee van Afrikaner-magnate

’n Ongekende opkoms van Afrikaner-magnate het die Suid-Afrikaanse ekonomie die afgelope drie dekades gekenmerk. Dit is veral merkwaardig in die lig van die regering se omvattende program van swart ekonomiese bemagtiging.

Buy Online

Oorkant Jou

‘n Verhaal Uit Die Binnekamer

Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op ʼn reis wat eintlik ons almal sʼn is: Die pad van grootword en eienaarskap neem.

Buy Online

Negentien Minute

(Nineteen Minutes)

“Die leser word geprikkel en met vele vrae gelaat . . . Hoe goed ken ’n mens werklik jou gesinslede of enigiemand anders? Hoe vernietigend is groepsdruk, hoe intimiderend die behoefte aan tuishoort? Uiters aktueel, nie net in Amerika nie.” – Deborah Steinmair, joernalis en skrywer

Buy Online

Die Boek van Twee Weë

(The Book of Two Ways)

In die splitsekonde wat sy met haar eie dood gekonfronteer word, verander alles in Dawn Edelstein se lewe. Sy is op ’n vliegtuig wat skielik gedwing word om ’n noodlanding te doen. Terwyl sy haar op die ergste voorberei, is haar gedagtes egter nie by haar eggenoot en dogter nie, maar by Wyatt Armstrong – ’n man wat sy 15 jaar gelede in Egipte agtergelaat het. 

Buy Online

Die Belydenis

(Plain Truth)

Twee vroue. Een geheim.

Die ontdekking van ’n dooie baba in ’n skuur op ’n Amiese plaas in Amerika dreig om ’n jong vrou se lewe te verwoes.

Buy Online

Amper Frans

’n Lewe van fanfare en faux pas

Toe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren hom nooit kon indink dat hy eendag ’n château in die Franse platteland sou besit nie. In Amper Frans vertel hy op skreesnaakse wyse hoe hy alles wat Frans is ontdek en beproef het –  daar is neusoptrekkerige kelners, statige hertoginne, etlike botsings met die berugte Franse burokrasie en natuurlike talle faux pas in sy gebrekkige Frans.

Buy Online

Wintersrust

Wintersrust is ’n bruisende verhaal vol hartstog en avontuur. Dit handel oor individue wat worstel met magte buite hul beheer.

Buy Online