Einde en begin
Op ’n sendingstasie in Rhodesië beleef die kind Marié die wêreld om haar met verwondering, humor . . . en met groeiende ontnugtering. Daar is politieke spanninge en die samelewing se verwagtinge van haar as jong meisie. Maar dis veral wanneer Marié en haar vriendin ’n omstrede dokument beetkry en lees, dat Marié se kinderlike illusies kraak.


