Die man wattie kinnes vang

Die man wattie kinnes vang is an Afrikaans novel about a man with an unusual talent for catching chin hair, blending humor with deeper social commentary.

Buy Online

Amazon.co.za

Die Onsigbare

Die Onsigbare is an Afrikaans novel that explores themes of visibility, identity, and social dynamics in contemporary South Africa.

Buy Online

Amazon.co.za

Die ooggetuie

‘n Pakkende hofdrama wat afspeel in die Boland. Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op Worcester. Wanneer hy die oggend voor ’n groot hofsaak ineenstort, moet Julia dringend sake beredder – ten spyte van die feit dat sy gesweer het sy sit haar voete nooit weer in ’n landdroshof nie.

Buy Online


Exclusive Books

Loot

Die Serwiër

’n Serwiese geheime agent wat ’n dwelmsindikaat ondersoek, word koelbloedig vermoor in die Kaap se berugte nagklubdistrik. Die Serwiese geheime diens, ’n organisasie met ’n reputasie vir vergelding, stuur die gedugte majoor Viktor Vesić na Suid-Afrika om ondersoek in te stel. Sy speurwerk lei hom na onverwagse plekke; die spoor word ’n bloedspoor.

Coming Soon

Die storie van Noag se ark

Die klassieke storievertelling met opwiptonele sal kinders bekoor terwyl hulle leer oor God se liefde en hoe dit lyk om jou geloof uit te leef.
Coming Soon

Die vrou met nege lewens

Op byna sestig is die hoofkarakter onvergenoeg met haar werk, die mense naaste aan haar en veral haarself. Sy gaan op ’n soektog na betekenis in haar lewe. Dit lei tot lang meditasies, swem in die see, joga, en selfs psigedeliese reise, terwyl haar sorg van katte die enigste konstante bly. Haar soeke word deur ’n gesondheidskok op die spits gedryf.
Coming Soon

Die vuur huil

In die vroeë 1970’s vlug Jakob Koetaan Kaapstad toe. Dit is nie die eerste keer dat hy met die regering bots nie. Hy was maar ses jaar oud toe die wetstoepasser sy mense soos beeste bymekaar geroep het en gesê het: Ons vat nou Towerwater, julle familieplaas. Toe die land begin brand, moes Jakob homself afvra: Is hy bereid om te baklei vir sy grond?

Buy Online

Die vyf susters

Die vyf susters is die eerste titel in ’n reeks van vyf ligte spanningsverhale wat tussen 1998 en 2003 deur die gewilde skrywer Eleanor Baker onder die skuilnaam Alex Muller geskryf is. Hierdie reeks is net die regte medisyne vir alle leunstoel-kriminoloë wat hou van ’n skerpsinnige whodunnit wat met ’n tikkie romanse en humor gepaardgaan.

Buy Online


Exclusive Books

Graffiti Books

Donkermaan

1991. Israel is in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit Lebanon. Mossad moet dringend ’n antwoord vind. Die oplossing: diefstal van radartegnologie wat in Suid-Afrika ontwikkel word. Die kandidaat: Ruth Heyns, doktorsgraadstudent in Tel Aviv. Maar sy trek die aandag van Teenspioenasie se ervare Gunther Eckhardt . . .

Buy Online


Readers Warehouse

Graffiti Books