Donkerhart

Donkerhart is ’n onthutsende sielkundige riller wat jou nekhare sal laat rys.

Bethulie

Die 23-jarige Rensche van der Walt se aangrypende dagboek vertel van die lewe in die Bethulie-konsentrasiekamp tydens die Anglo-Boereoorlog. Sy skryf in skokkende detail oor die siektes, wanvoeding en oorbevolking wat Boeregesinne daar moes verduur. Dit word nou vir die eerste keer in 60 jaar uitgegee.

My skaduwee loop los

My skaduwee loop los is ’n meesleurende, veelvlakkige verhaal oor die soeke na wat werklik die waardevolste lewe is en die antwoord op die tergende vraag: Wat as?

Grensloos

Ná pynlike jeugjare het Sabine haar eie weg gebaan, hier as vlieënier in Botswana. Haar pad het destyds gekruis met dié van Max Krige, top-onderhandelaar vir ’n internasionale sekuriteitsmaatskappy . . . en toe het die vonke gespat. En nou bevind Sabine haar in lewensgevaar, tussen ander gyselaar. Kan Max bloedvergieting voorkom?

The End of Normal

In this highly readable account, replete with anecdotes, confessions and revelations, Du Preez pulls no punches.

Buy Online

Steierwerk

Soos die titel suggereer, dien bogenoemde impulse as stellasies waarmee Myburg sy verse bou. Hierdie meta-poëtiese gedigte ontgin egter ook ’n ander betekenis van die bundeltitel, naamlik dié van wankeling. Steierwerk is ’n aangrypende verkenning van verval: van eie lyf, kuns en land.

Buy Online

Enigma

’n Angolese sakeman word met twee koeëlgate in sy bors in ’n hotelkamer in Kaapstad aangetref, en Kassie en Rooi moet die saak ondersoek. Die kokaïen, ongeslypte diamante en edelgesteentes in sy bagasie slaan hulle dronk. Wat doen ’n gesiene persoon, wat ’n minister kom adviseer het, met vermoedelik smokkelware in sy besit?

Buy Online

My eerste klanke: Die see

Bring die see huis toe met vyf pragtige geluide wat die klanke van die see vasvang. Van walvisse wat sing en pikkewyne wat plons, tot seeumeeue wat raas – jong verkenners sal keer op keer na hierdie boek terugkeer.

Buy Online