Die rooi angelier

Die rooi angelier is die tweede titel in die Adriaan Kruger-speurreeks wat die gewilde skrywer Eleanor Baker in die laat 1990’s onder die skuilnaam Alex Muller geskryf het. Dié senutergende misdaadondersoek waarin Adriaan gewikkel is, sal die leser aan die raai hou tot en met die heel laaste bladsy.

Buy Online


Loot

Readers Warehouse

Die SAW en Cuito Cuanavale

Die SAW en Cuito Cuanavale deur Leopold Scholts is ‘n kritiese ontleding wys hoe maklik propaganda en politiek in die pad van feite kan staan.

Buy Online

Die Serwiër

’n Serwiese geheime agent wat ’n dwelmsindikaat ondersoek, word koelbloedig vermoor in die Kaap se berugte nagklubdistrik. Die Serwiese geheime diens, ’n organisasie met ’n reputasie vir vergelding, stuur die gedugte majoor Viktor Vesić na Suid-Afrika om ondersoek in te stel. Sy speurwerk lei hom na onverwagse plekke; die spoor word ’n bloedspoor.

Coming Soon

Die Stellenbosch Mafia

’n Verhaal van mag, geld en invloed

Die gewilde skrywer en bekroonde joernalis Pieter du Toit het gaan ondersoek instel op Stellenbosch. Du Toit kyk krities na hierdie klub van miljardêrs: Wie is hulle en belangriker nog, hoe is hulle onderling verbind? Hy beskryf ook die opkoms van Markus Jooste en die impak wat die Steinhoff-skandaal gehad het.

Buy Online

Die storie van Noag se ark

Die klassieke storievertelling met opwiptonele sal kinders bekoor terwyl hulle leer oor God se liefde en hoe dit lyk om jou geloof uit te leef.
Coming Soon

Die vrou met nege lewens

Op byna sestig is die hoofkarakter onvergenoeg met haar werk, die mense naaste aan haar en veral haarself. Sy gaan op ’n soektog na betekenis in haar lewe. Dit lei tot lang meditasies, swem in die see, joga, en selfs psigedeliese reise, terwyl haar sorg van katte die enigste konstante bly. Haar soeke word deur ’n gesondheidskok op die spits gedryf.
Coming Soon

Die vuur huil

In die vroeë 1970’s vlug Jakob Koetaan Kaapstad toe. Dit is nie die eerste keer dat hy met die regering bots nie. Hy was maar ses jaar oud toe die wetstoepasser sy mense soos beeste bymekaar geroep het en gesê het: Ons vat nou Towerwater, julle familieplaas. Toe die land begin brand, moes Jakob homself afvra: Is hy bereid om te baklei vir sy grond?

Buy Online

Die vyf susters

Die vyf susters is die eerste titel in ’n reeks van vyf ligte spanningsverhale wat tussen 1998 en 2003 deur die gewilde skrywer Eleanor Baker onder die skuilnaam Alex Muller geskryf is. Hierdie reeks is net die regte medisyne vir alle leunstoel-kriminoloë wat hou van ’n skerpsinnige whodunnit wat met ’n tikkie romanse en humor gepaardgaan.

Buy Online


Exclusive Books

Graffiti Books

Digging Deep – A History of Mining in South Africa

Digging Deep explores South Africa’s great mineral revolution – the
lucky strikes and the struggles of prospecting in the late 1800s, the
rushes to boom-and-bust towns in the Eastern Transvaal Goldfield,
the dubious beginnings of the Witwatersrand, and the stories of the
visionary men like Cecil Rhodes, Alfred Beit, Barney Barnato, Sir
Ernest Oppenheimer, Sammy Marks and Hans Merensky who
pioneered and shaped the industry on which modern South Africa
was built.