Vroeg in 1988 is honderde jong dienspligtiges van 61 Meg na die vleismeul van suidelike Angola gestuur. Hier om die dorpie Cuito Cuanavale sou die laaste en mees intense gevegte van die Grensoorlog plaasvind.
Die Brug vertel, in die stemme van ’n klein groepie van hierdie dienspligtiges, wat hulle daar op die slagveld aangetref het en van die SAW se hardkoppige aandrang dat hulle herhaaldelik na dieselfde doodsakker terugkeer.
Op daardie stadium het hulle blindelings geglo dat hulle hul land teen die totale aanslag van die kommunisme moes verdedig, maar hulle is toenemend ontnugter. Wat was die finale doel van die gevegte om Cuito Cuanavale, indien enige?
Killik Saaiman, ’n lid van dié groep kamerade, ly vandag steeds aan die sielkundige wonde weens die tonele wat hy by ’n uitgeskiete Ratel aanskou het. Hy moes op een dag drie keer onder hewige artillerievuur oor dieselfde mynveld ry om gewonde soldate uit die Ratel te gaan haal.
Dertig jaar later het hierdie groep mans bymekaargekom op die plek waar een van hulle makkers in ’n laaste, Viëtnamagtige geveg gesterf het. Die skrywer is saam op hierdie pelgrimstog waartydens die mans om die wrak van hul makker se Ratel hulle harte oopgemaak het.
Hulle innerlike reise duur vandag steeds voort. ’n Diep persoonlike verhaal wat lig werp op die hartverskeurende gevolge van oorlog.
Reviews
There are no reviews yet.