Die rooi angelier is die tweede titel in die Adriaan Kruger-speurreeks wat die gewilde skrywer Eleanor Baker in die laat 1990’s onder die skuilnaam Alex Muller geskryf het. Dié senutergende misdaadondersoek waarin Adriaan gewikkel is, sal die leser aan die raai hou tot en met die heel laaste bladsy.
![]() |
![]() |
Die SAW en Cuito Cuanavale deur Leopold Scholts is ‘n kritiese ontleding wys hoe maklik propaganda en politiek in die pad van feite kan staan.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
’n Serwiese geheime agent wat ’n dwelmsindikaat ondersoek, word koelbloedig vermoor in die Kaap se berugte nagklubdistrik. Die Serwiese geheime diens, ’n organisasie met ’n reputasie vir vergelding, stuur die gedugte majoor Viktor Vesić na Suid-Afrika om ondersoek in te stel. Sy speurwerk lei hom na onverwagse plekke; die spoor word ’n bloedspoor.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Die gewilde skrywer en bekroonde joernalis Pieter du Toit het gaan ondersoek instel op Stellenbosch. Du Toit kyk krities na hierdie klub van miljardêrs: Wie is hulle en belangriker nog, hoe is hulle onderling verbind? Hy beskryf ook die opkoms van Markus Jooste en die impak wat die Steinhoff-skandaal gehad het.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
In die vroeë 1970’s vlug Jakob Koetaan Kaapstad toe. Dit is nie die eerste keer dat hy met die regering bots nie. Hy was maar ses jaar oud toe die wetstoepasser sy mense soos beeste bymekaar geroep het en gesê het: Ons vat nou Towerwater, julle familieplaas. Toe die land begin brand, moes Jakob homself afvra: Is hy bereid om te baklei vir sy grond?
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Die vyf susters is die eerste titel in ’n reeks van vyf ligte spanningsverhale wat tussen 1998 en 2003 deur die gewilde skrywer Eleanor Baker onder die skuilnaam Alex Muller geskryf is. Hierdie reeks is net die regte medisyne vir alle leunstoel-kriminoloë wat hou van ’n skerpsinnige whodunnit wat met ’n tikkie romanse en humor gepaardgaan.
![]() |
![]() |