Hans hou bruilof
Toe Hans besluit om te trou, laat sy aanstaande bruid se ryk familie die troureëlings aan ’n befaamde troubeplanner, Alexander Fokkens, oor. Maar gou besef Fokkens dat Hans hom nie laat hiet en gebied nie. Vriend Vasie beraam boonop ondeurdagte planne om geld te maak uit die onthaal, wat die bruilof op ’n ramp kan laat afstuur.




