Die vrou met nege lewens

Op byna sestig is die hoofkarakter onvergenoeg met haar werk, die mense naaste aan haar en veral haarself. Sy gaan op ’n soektog na betekenis in haar lewe. Dit lei tot lang meditasies, swem in die see, joga, en selfs psigedeliese reise, terwyl haar sorg van katte die enigste konstante bly. Haar soeke word deur ’n gesondheidskok op die spits gedryf.
Coming Soon

Aandstories vir kleuters (2026 uitgawe)

’n Nuwe uitgawe van Aandstories vir kleuters ​- een van die bekendste, mees klassieke versamelings van die wêreld se gewildste sprokies en verhale. Sedert die eerste Afrikaanse uitgawe in 1970, is die bundel talle kere herdruk en was die kenmerkende “groot rooi boek” deel van duisende kinders se grootwordjare.
Coming Soon

Helde van die bybel

Ontdek legendariese Bybelse helde met hierdie betowerende opwipboek! Wanneer jong Dawid teen die reus Goliat te staan kom, wanneer Simson sy ongelooflike krag wys, en wanneer ander helde op God vertrou, ontvou wonderlike avonture.
Coming Soon

’n Knippie moord

’n Knippie moord is humoristies, propvol kinkels en kleurryke karakters, en natuurlik ook ’n tikkie romanse!
Coming Soon

Bobbob die robo-meerkat en die rebelse rugbybal

In die tweede BOBBOB-avontuur wil Tumi desperaat die Goudrand-rugbyspan haal. Hy is vinnig, maar kan nie goed vang nie. In Pretoria oefen hy en De Wet onder die jakarandas, tot hulle die tweede ploemplafsteen ontdek en vir BOBBOB ontmoet! Die drie vriende beland in ’n Gauteng-avontuur van Gold Reef City tot Loftus.
Coming Soon

Bobbob die robo-meerkat en die Kalahari-kloutjie

BOBBOB se ruimteskip stort bo Suid-Afrika neer. Tydens die impak breek 9 ploemplafstene van sy skip af en beland elk in ‘n ander provinsie. BOBBOB kan slegs terugkeer na sy planeet nadat hy al nege stene kon vind. Hy skandeer die Kalahari en sien ’n meerkat. Hy besluit om sy Ploemplafiaanse tegnologie in te span en die vorm van die meerkat aan te neem! En so begin BOBBOB die robo-meerkat se avonture deur Suid-Afrika . . .
Coming Soon

Mei en alles daarna

Op die dorpie waar Juna Ferreira haar ná haar egskeiding bevind, herken sy ’n unieke litteken op iemand se wang. Dit roep haar grootwordjare op die Vrystaatse goudvelde op, wat sy as sorgvry en gelukkig onthou. Maar was dit regtig so?
Coming Soon

Vreemde vos

Die aflegging van onskuld is deel van menswees en kan soos ’n sikloon alles voor die voet platvee, maar dit is ook moontlik om sin te maak van die storm. Vreemde vos is ’n tydlose verhaal wat geeneen ongeraak sal laat nie.

’n Teer, spitsvondige stem, met emosionele diepgang. – Johannes de Villiers

Coming Soon

Goed genoeg

Gerridene Berg wil vroue help sodat hulle hul roeping kan instap met oorwinning. Sy vertel haar eie storie aan die hand van sake soos aanvaarding, trauma en vrees, vergifnis en om elke dag jou identiteit as oorwinnaar te kies en daarin te leef uit. Gerridene wil graag mense inspireer om genesing te vind. Hierdie boek is ‘n getuienis van hoe ‘n liefdevolle God ‘n gewone vrou gebruik om buitengewone dinge te doen.

Coming Soon